'n Wildreservaat is 'n bewaringsgebied wat opsy gesit word vir die instandhouding van wildlewe vir spesiebewaring, toerisme of jag. Baie wildreservate is in Afrika geleë. Meeste is toeganklik vir besoek deur die publiek, en is gewild onder toeriste wat wild op safari wil besigtig.