William Penn Symons
Generaal-Majoor Sir William Penn Symons (1843 – 1899) was 'n Britse soldaat en is in 1843 in Cornwall gebore. In 1863 sluit hy aan by die 24th Regiment of Foot en veg in die Galeka-veldtog in 1877 in Oos-Kaapland en in die Zoeloeoorlog van 1879. Nadat hy jare lank krygsdiens gedoen het in Birma, Indië en elders in die Ooste, is hy net voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog bevorder tot Generaal-majoor en in Natal gestasioneer. 'n Paar dae na die begin van die oorlog is hy by Talanaheuwel noodlottig gewond en is op 20 Oktober 1899 oorlede.
William Penn Symons | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 17 Julie 1843 |
Geboorteplek | Hatt, Cornwall |
Sterfdatum | 23 Oktober 1899 (op 56) |
Sterfplek | Talanaheuwel, Dundee, KwaZulu-Natal |
Lojaliteit | Sjabloon:Landdata Verenigde Koninryk |
Diens/Tak | Britse Leër |
Jare in diens | 1863–1899 |
Rang | Majoor-generaal |
Eenheid | 24th Foot |
Poste beklee | Kriegsakademie |
Veldslae/oorloë | Negende Grensoorlog Anglo-Zoeloeoorlog Derde Anglo-Birmaanse Oorlog Chin-lushai-veldtog Mahsoed-veldtog Tochivallei-veldtog Tirah Campaign Tweede Vryheidsoorlog |
Toekennings | '#Knight Commander of the Order of the Bath |