Woordenboek der Nederlandsche Taal
Die Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT) is 'n woordeboek van die Nederlandse taal.[1] Dit bevat tussen 350 000 en 400 000 inskrywings van Nederlandse woorde van 1500 tot 1976. Die papieruitgawe bestaan uit 43 volumes (insluitend drie bylaes) op 49 255 bladsye.[2] Daar word geglo dat dit die grootste woordeboek ter wêreld is, in aantal bladsye gemeet. Die woordeboek was byna 150 jaar in wording vanaf 1849; die eerste bundel is in 1864 gepubliseer, en die finale bundel is in 1998 aan Albert II van België en Beatrix van Nederland aangebied.
Verwysings
wysig- ↑ Tuisblad van die Nederlandse Woordeboek. https://ivdnt.org/
- ↑ WNT (archive.org)https://web.archive.org/web/20170810051207/http://ivdnt.org/onderzoek-a-onderwijs/lexicologie-a-lexicografie/wnt
Eksterne skakels
wysig- Woordenboek der Nederlandsche Taal op die INL webwerf (in Nederlands)