WordPress
WordPress is 'n gratis oopbron-inhoudbestuurstelsel (CMS) gebaseer op PHP en MySQL.[1] Om te kan funksioneer, moet WordPress op 'n webbediener geïnstalleer word, wat óf deel van 'n internetverskafferdiens of 'n netwerkgasheer moet wees.
Wordpress | |
Skrywer | WordPress Foundation |
---|---|
Ontwikkelaar | WordPress Foundation |
Aanvanklike vrystelling | 27 Mei 2003 |
Nuutste weergawe | 4.9.7/ 26 Mei 2018 |
Programmeertaal | PHP |
Bedryfstelsel | kruis-platform: Linux, OS X, Windows |
Beskikbaar in | Engels |
Kategorie | Blog sagteware, Content Management System, Content Management Framework |
Lisensie | GPLv2+ |
Webblad | wordpress.com |
'n Voorbeeld van die eerste geval kan 'n diens soos WordPress.com wees, en die tweede geval kan 'n rekenaar wees wat die sagtewarepakket WordPress.org bedryf.[2] 'n Plaaslike rekenaar kan gebruik word vir enkelgebruiker toets- en leerdoeleindes. Kenmerke sluit in 'n inprop-argitektuur en 'n sjabloonstelsel. WordPress word sedert April 2018 deur 30,6% van die top 10 miljoen webwerwe gebruik.[3][4] As sodanig is WordPress die gewildste webwerfbestuur of blogstelsel wat op die web gebruik word,[5] wat meer as 60 miljoen webwerwe ondersteun.[6] WordPress word ook gebruik vir ander toepassingsdomeine soos "pervasive display systems" (PDS).[7]
Oorsig
wysigWordPress het 'n websjabloonstelsel met die hulp van 'n sjabloonverwerker. Die argitektuur is 'n voorste kontroleerder wat alle versoeke vir nie-statiese URI's na 'n enkele PHP-lêer stuur wat die URI ontleed en die teikenbladsy identifiseer. Dit laat ondersteuning vir meer menslike leesbare permalinks toe.[8]
Temas
wysigWordPress-gebruikers mag verskillende temas installeer en tussen hulle oorskakel. Temas laat gebruikers toe om die voorkoms en funksionaliteit van 'n WordPress-webwerf te verander sonder om die kernkode of werfinhoud te verander. Elke WordPress-webwerf vereis dat ten minste een tema teenwoordig is en alle temas moet ontwerp word met behulp van WordPress-standaarde met gestruktureerde PHP, geldige HTML (HyperText Markup Language) en Cascading Style Sheets (CSS).
Temas kan direk geïnstalleer word deur gebruik te maak van die WordPress "Appearance"-administrasiegereedskap, alternatiewelik kan temavouers direk na die temagids gekopieer word, byvoorbeeld via FTP.[9] Die PHP, HTML en CSS wat in temas voorkom, kan direk verander word om tema-gedrag te verander, of 'n tema kan 'n tema wees wat die instellings van 'n ander tema oorerf en funksies slegs selektief oorskryf.[10]
WordPress-temas word gewoonlik in twee kategorieë ingedeel: gratis en premie. Baie gratis temas word in die WordPress-temabiblioteek gelys, en premietemas is beskikbaar vir aankoop op die ope mark of van individuele WordPress-ontwikkelaars. WordPress-gebruikers kan ook hul eie persoonlike temas skep en ontwikkel. Die gratis tema Underscores geskep deur die WordPress ontwikkelaars het 'n gewilde basis vir nuwe temas geword.[11]
Verwysings
wysig- ↑ "WordPress Web Hosting" (in Engels). WordPress. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2020. Besoek op 21 Mei 2013.
- ↑ "Support disaggregating WordPress.com and WordPress.org" (in Engels). WordPress.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op 7 Januarie 2016.
- ↑ "Usage Statistics and Market Share of Content Management Systems for Websites". W3Techs. 23 April 2018. Besoek op 23 April 2018.
- ↑ Leibowitz, Glenn (17 Desember 2017). "The Billion-Dollar Tech Company With No Offices or Email". Linkedin (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 17 Desember 2017.
Right now we power about 24% of all websites as of this recording: that is the largest of any of the content management systems. The number two has around 3%. But we are not happy that we have just 24%, and we see a lot of work to get the remaining 76%.
- ↑ "CMS Usage Statistics". BuiltWith. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 1 Augustus 2013.
- ↑ Coalo, J.J (5 September 2012). "With 60 Million Websites, WordPress Rules The Web. So Where's The Money?". Forbes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Junie 2020. Besoek op 3 Februarie 2016.
- ↑ Amir E. Sarabadani Tafreshi and Moira C. Norrie. 2017. ScreenPress: a powerful and flexible platform for networked pervasive display systems. In Proceedings of the 6th ACM International Symposium on Pervasive Displays (PerDis '17). ACM, New York, NY, USA, Article 13, 8 pages. DOI: https://doi.org/10.1145/3078810.3078813
- ↑ "WordPress and the Front Controller Design Pattern | WPShout". WPShout (in Engels). 11 Februarie 2014. Besoek op 15 Februarie 2017.
- ↑ "Theme Installation" (in Engels). Codex.wordpress.org. 9 April 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2020. Besoek op 26 April 2013.
- ↑ "Child Themes « WordPress Codex". codex.wordpress.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 15 Februarie 2017.
- ↑ Jeff Chandler (3 April 2014). "Introduction To Underscores: A WordPress Starter Theme With Konstantin Obenland" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020. Besoek op 31 Julie 2016.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |