Wostok-ruimteprogram
(Aangestuur vanaf Wostok)
Die Wostok-ruimteprogram (Russies: Восто́к; "Oos") was ’n projek van die Sowjetunie waarmee die eerste mens in die ruimte geplaas is. Die Wostok-tuig is uit die Zenit-spioenasiesatelliet ontwikkel.
Sendings
wysigPrototipes
wysig’n Reeks voorloper-Wostoks, onder andere minstens vyf met diere en sommige met poppe aan boord, is gebruik om voor te berei vir bemande vlugte. Die datums is wanneer die ruimtetuie gelanseer is.[1]
Sending | Ruimtetuig | Lansering | Notas |
---|---|---|---|
Spoetnik 4 | Korabl-Spoetnik 1 | 15 Mei 1960 | tru-vuurpyl weier |
Geen naam | Korabl Spoetnik (1K-1) | 28 Julie 1960 | Ontploffing vernietig ruimtetuig net ná lansering |
Spoetnik 5 | Korabl-Spoetnik 2 | 19 Augustus 1960 | Wostok-uitskietstoel-meganisme suksesvol getoets |
Spoetnik 6 | Korabl-Spoetnik 3 | 1 Desember 1960 | Tru-vuurpyl skakel nie af nie – tuig vernietig |
Geen naam | Korabl-Spoetnik (1K-4) | 22 Desember 1960 | Ruimtetuig skei vroeg van aanjaagvuurpyl af |
Spoetnik 9 | Korabl-Spoetnik 4 | 9 Maart 1961 | Bring ruimtevaarderpop suksesvol terug met uitskietstoel |
Spoetnik 10 | Korabl-Spoetnik 5 | 25 Maart 1961 | Bring ruimtevaarderpop suksesvol terug met uitskietstoel |
Bemande vlugte
wysigSending | Lansering | Duur | Landing | Bemanning | Notas |
---|---|---|---|---|---|
Wostok 1 | 12 April 1961 | 1 u 48 m | 12 April 1961 | Joeri Gagarin | Eerste man in die ruimte |
Wostok 2 | 6 Augustus 1961 | 1 d 1 u 18 m | 7 Augustus 1961 | German Titof | Eerste bemande vlug van ’n volle dag |
Wostok 3 | 11 Augustus 1962 | 3 d 22 u 22 m | 15 Augustus 1962 | Andrijan Nikolajef | Eerste gelyktydige vlug van twee bemande tuie |
Wostok 4 | 12 Augustus 1962 | 2 d 22 u 56 m | 15 Augustus 1962 | Pawel Popowitsj | Eerste gelyktydige vlug van twee bemande tuie |
Wostok 5 | 14 Junie 1963 | 4 d 23 u 7 m | 19 Junie 1963 | Waleri Bikofski | Langste vlug in ’n wentelbaan |
Wostok 6 | 16 Junie 1963 | 2 d 22 u 50 m | 19 Junie 1963 | Walentina Teresjkowa | Eerste vrou in die ruimte |
Verwysings
wysig- ↑ Christy, Robert. "Vostok – the World's First Spaceship" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op 11 Oktober 2010.
Eksterne skakels
wysig- Korabl & Wostok-dagboek
- Wostok-ruimteprogram op Encyclopedia Astronautica
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia