Wyliespoort
Wyliespoort is 'n bergpas in die Soutpansberg in Limpopo, Suid-Afrika. Die eerste pas is in 1904 deur lt. C.H. Wylie uitgemeet. Die bestaande pad gaan deur twee tonnels (450 m) en (274 m) wat in 1961 voltooi en gebou is nadat die 'ou' pad weggespoel het. Die pas is net noord van Louis Trichardt op die N1 nasionale pad.[1]
Wyliespoort | |
Koördinate: 22°55′0″S 29°56′0″O / 22.91667°S 29.93333°O | |
---|---|
Ligging | Tussen Louis Trichardt en Musina |
Oppervlak | Teer |
Ingenieur | Lt. C.H. Wylie |
Begin in | 1904 (oorspronklik) |
Verbou | 1961 |
In | Soutpansberg |
Pad | N1 |