Vriesreën
(Aangestuur vanaf Ysreën)
Vriesreën, vriesende reën of ysreën is 'n soort neerslag wat teen 'n groot hoogte as sneeu begin en uit 'n wolk na benede val, op sy pad heeltemal begin smelt terwyl dit deur 'n laag lug met temperature bo vriespunt beweeg, en uiteindelik weer 'n laer geleë laag lug met temperature benede vriespunt bereik waar dit onderkoel word. Hierdie water gaan onmiddellik bevries sodra dit teen enige voorwerp bots of op die grond val,[1] en die yslaag wat ontstaan kan 'n dikte van enkele sentimeter bereik. Vriesreën kan taamlik skade veroorsaak aan bogrondse elektrisiteitskabels of aan bome. Dit kan breek onder die gewig van die ys.
Verwysings
wysig- ↑ Glossary of Meteorology: F. Geargiveer 20 Februarie 2008 op Wayback Machine Besoek op 13 November 2007
Wikimedia Commons bevat media in verband met Freezing rain. |