Ysteroksied
'n Ysteroksied is 'n chemiese verbinding van yster met suurstof met algemene formule FexOy.
Daar is verskillende ysteroksiede omdat hierdie element dikwels in twee oksidasietoestande (II en III) optree. Die belangrikste ysteroksiede is:
- Yster(II)oksied FeO
- Yster(III)oksied Fe2O3
- Yster(II/III)oksied Fe3O4
Ysteroksiede speel 'n belangrike rol in die geochemie en in die navorsing van paleomagnetisme. Daar is heelparty minerale wat ysteroksiede is, bv.: