Zorino (Astrachan-oblast)
Zorino (Russies: Зорино) is 'n klein dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta oorkant die Glawnaja Protokarivier van 'n ander dorpie, Jar-Bazar.
Zorino Зорино | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Koördinate: 45°57′51″N 47°30′35″O / 45.96417°N 47.50972°O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Liman |
Bevolking | |
• Totaal | 35 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416416 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is aan die begin van die 20ste eeu gestig deur Kalmikiese setlaars en het oorspronklik die naam Kjoektja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Zorino, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "dagbreek".
Demografie
wysigVolgens Sensus 2010 het Zorino 29 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 15 | 51,7% |
Kalmikiërs | 14 | 48,3% |
Totaal | 29 | 100% |
Verwysings
wysig- ↑ Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 2 Augustus 2023.