Zuzifa Buthelezi
Zuzifa Buthelezi
Geslag | manlik |
---|---|
Land van burgerskap | Suid-Afrika |
Familie naam | Buthelezi |
Beroep | politikus |
Prins Ntuthukoyezwe Zuzifa Buthelezi (gebore 16 Januarie 1955)[1] is 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Inkatha-Vryheidsparty.
Persoonlike lewe
wysigSy vader was Prins Mangosuthu Buthelezi, Inkosi van die Buthelezi-stam en Tradisionele Eerste Minister van die Zoeloevolk.[2] Na sy pa se dood is hy as die regmatige opvolger as hoof van die stam aangewys.
Hy is 'n Inkosi (hoofman) van die Buthelezi-stam in KwaPhindangene. Dien tans as 'n lid van die Nasionale Vergadering. Hy is getroud met uNdlunkulu MaMohale.
Verwysings
wysig- ↑ NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024 Verkry op 17 Oktober 2024
- ↑ Masimula, Nqobile (15 September 2023). "MUT pays tribute to Prince Mangosuthu Buthelezi". IOL.