14de Oscar-toekenningsaand
Die 14de Oscar-toekenningsaand is op 26 Februarie 1942 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1941. Agterna beskou was die seremonie bekend daarvoor dat Citizen Kane nie die Oscar as beste prent gewen het nie.[1] Die wenner was How Green Was My Valley. John Ford het sy derde Oscar gewen vir beste regisseur, ook vir How Green Was My Valley.
14de Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 26 Februarie 1942 | |
Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles | |
Aanbieder | Bob Hope | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | How Green Was My Valley | |
Meeste pryse | How Green Was My Valley (5) | |
Meeste benoemings | Sergeant York (11) |
Die aandag was gevestig op die wedywering om die prys vir beste aktrise tussen twee susters, Joan Fontaine in Alfred Hitchcock se Suspicion en Olivia de Havilland vir Hold Back the Dawn. Fontaine het die Oscar gekry – sy was die enigste akteur in ’n Alfred Hitchcock-prent wat ooit vir toneelspel gewen het.
Dit was die eerste jaar waarin dokumentêre prente ingesluit is. Die eerste Oscar vir ’n dokumentêr was vir Churchill's Island.
The Little Foxes het ’n nuwe rekord opgestel met nege benoemings sonder om ’n enkele Oscar te wen. Dit is geëwenaar in 1957 met Peyton Place en oortref in 1977 met The Turning Point en The Color Purple, albei met 11 benoemings.
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[2]
Beste prent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste draaiboekverwerking |
|
|
Beste klankbaan, drama | Beste klankbaan, musiekprent |
|
|
Beste kunsredigering, swart-wit | Beste kunsredigering, kleur |
|
|
Beste redigering | Beste visuele effekte |
|
|
Erepryse
wysig- Rey Scott
- Die Britse depratement van inligting
- Leopold Stokowski
- Walt Disney, William Garity, John N. A. Hawkins en die RCA-vervaardigingsmaatskappy
Irving G. Thalberg-gedenkprys
wysigVerwysings
wysig- ↑ Kehr, Dave, "Big, Important Picture? Sure. But Is It Best?" The New York Times, 31 Desember 2008
- ↑ "The 14th Academy Awards (1942) Nominees en Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2011. Besoek op 13 Augustus 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia