21ste Dinastie van Egipte
(Aangestuur vanaf 21ste Dinastie)
Die 21ste Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XXI geskryf) word saam met die 22ste tot die 25ste Dinastie beskou as die land se Derde Oorgangstydperk.
Heersers
wysigDie bekende heersers van die 21ste Dinastie was:
Farao | Troonnaam | Bewind | Graftombe | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Smendes (Nesbanebdjed I) | Hedjcheperre-Setepenre | 1077 - 1051 v.C. | |||||||||||||||||
Amenemnisoe | Neferkare-Heqawaset | 1051 - 1047 v.C. | |||||||||||||||||
Pinedjem I (medeheerser) | Cheperkare-Setepenamoen | 1062 - 1039 v.C. | Deir el-Bahari | ||||||||||||||||
Psoesennes I (Pasebchanoet I) | Acheperre-Setepenamoen | 1047 - 1001 v.C. | Tanis | ||||||||||||||||
Amenemope | Oesermaetre-Setepenamoen | 1001 - 992 v.C. | Tanis | ||||||||||||||||
Osorkon die Ouere | Acheperre-Setepenre | 992 - 986 v.C. | |||||||||||||||||
Siamoen | Netjercheperre-Merjamoen | 986 - 967 v.C. | |||||||||||||||||
Psoesennes II (Pasebchanoet I) | Tjetcheperoere-Setepenre | 967 - 943 v.C. |
Magsverdeling
wysigNá die bewind van Ramses III van die 20ste Dinastie het die koninklike mag algaande afgeneem. Die farao's van die 21ste Dinastie het van Tanis af regeer, maar was hoofsaaklik bedrywig in Benede-Egipte. Bo-Egipte is in effek regeer deur die hoëpriesters van Amoen by Thebe. Volgens die Egiptiese historikus Manetho het die 21ste Dinastie 130 jaar geduur.[1]
Verwysings
wysig- ↑ Kenneth A. Kitchen, The Third Intermediate Period in Egypt (1100–650 BC), 3de uitg., 1986, Warminster: Aris & Phillips Ltd, bl. 531
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 21ste Dinastie van Egipte.
Voorafgegaan deur ← 20ste Dinastie |
21ste Dinastie | Opgevolg deur 22ste Dinastie → |