23ste Dinastie van Egipte
Die 23ste Dinastie (ook Dinastie XXIII geskryf; 727–715 v.C.) was ’n koningshuis van Libiese Berbers wat tydens die Derde Oorgangstydperk oor Antieke Egipte regeer het.
Heersers
wysigDaar is taamlike onsekerheid oor die dinastie, wat van Herakleopolis, Hermopolis en Thebe af kon regeer het. Monumente uit die tydperk wys hulle het Bo-Egipte beheer saam met die 22ste Dinastie kort voor die dood van Osorkon II. Die bekende heersers was:
Farao | Troonnaam | Bewind | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Harsiese A | Hedjcheperre-Setpenamoen | 880-860 v.C. | |||||||||||||||||
Takelot II | Hedjcheperre-Setpenre | 840-815 v.C. | |||||||||||||||||
Pedoebast I | Oesermaatre-Setpenamoen | 829-804 v.C. | |||||||||||||||||
Ioepoet I | ?? | 829-804 v.C. | |||||||||||||||||
Sjesjonk VI | Oesermaatre-Meryamoen | 804-798 v.C. | |||||||||||||||||
Osorkon III | Oesermaatre-Setpenamoen | 798-769 v.C. | |||||||||||||||||
Takelot III | Oesermaatre | 774-759 v.C. | |||||||||||||||||
Roedamoen | Oesermaatre-Setpenamoen | 759-755 v.C. | |||||||||||||||||
Ini | Mencheperre | 755-750 v.C. | |||||||||||||||||
Peftjaoeawybast | Neferkare | 754-720 v.C. |
Voorafgegaan deur ← 22ste Dinastie |
23ste Dinastie | Opgevolg deur 24ste Dinastie → |