Abdullah Gül
Abdullah Gül (geb. 29 Oktober 1950) het vanaf 28 Augustus 2007 tot 28 Augustus 2014 die amp as elfde president van Turkye beklee en is opgevolg deur die vorige premier, Recep Tayyip Erdoğan. Hy was voorheen vier maande lank die eerste minister (2002 tot 2003) en daarna die minister van buitelandse sake (2003 tot 2007).
Abdullah Gül | |
11de president van Turkye
| |
Ampstermyn 28 Augustus 2007 – 28 Augustus 2014 | |
Eerste minister | Recep Tayyip Erdoğan |
---|---|
Voorafgegaan deur | Ahmet Necdet Sezer |
Opgevolg deur | Recep Tayyip Erdoğan |
24ste premier van Turkye
| |
Ampstermyn 18 November 2002 – 14 Maart 2003 | |
President | Ahmet Necdet Sezer |
Voorafgegaan deur | Bülent Ecevit |
Opgevolg deur | Recep Tayyip Erdoğan |
1ste vise-premier van Turkye
| |
Ampstermyn 28 Maart 2003 – 28 Augustus 2007 | |
Eerste minister | Recep Tayyip Erdoğan |
Voorafgegaan deur | Mehmet Ali Şahin |
Opgevolg deur | Cemil Çiçek |
Minister van buitelandse sake
| |
Ampstermyn 14 Maart 2003 – 28 Augustus 2007 | |
Eerste minister | Recep Tayyip Erdoğan |
Voorafgegaan deur | Yaşar Yakış |
Opgevolg deur | Ali Babacan |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 29 Oktober 1950 Kayseri, Turkye |
Eggenoot/-note | Hayrünnisa Gül |
Alma mater | Universiteit van Istanboel Universiteit van Exeter |
Religie | Soenni-Islam |
Handtekening |
Die eerste minister, Recep Tayyip Erdoğan, se benoeming van Gül as ’n presidensiële kandidaat het groot teenstand ontlok van ondersteuners van sekularisme in Turkye. In Mei 2007 is Gül se eerste poging om president te word in die wiele gery deur die wetgewende hof[1] weens kommer oor sienings wat hy voorheen gelug het.[2]
Nadat Erdoğan se Regs- en Ontwikkelingsparty in 2007 weer die verkiesings gewen het, is Gül eindelik op 28 Augustus van dié jaar tot president verkies. Hy is die eerste openlik Islamgesinde president in die moderne geskiedenis van Turkye.[3][4]
Verwysings
wysig- ↑ Ercan Yavuz (31 Julie 2008) "Evidence indicates Ergenekon tried to block presidential election" Geargiveer 14 Desember 2009 op Wayback Machine Zaman. URL besoek op 9 Februarie 2009.
- ↑ "Gül'ün adaylığını doğru bulmuyoruz". CNN Türk (in Turks). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2007. Besoek op 29 Augustus 2007.
- ↑ Turks elect ex-Islamist president BBC (28 Augustus 2007). URL besoeki op 9 Februarie 2009.
- ↑ Gul sworn in as Turkey's first former Islamist president Daily Mail (29 Augustus 2007). URL besoek op 9 Februarie 2009.
Eksterne skakels
wysig- President van Turkye Geargiveer 24 Augustus 2007 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abdullah Gül.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia