Abell 33
Abell 33 (ook bekend as A33 of die Diamantringnewel) is 'n dowwe, sferiese planetêre newel sowat 2 700 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit lê net agter die ster HD 83535, wat geen verband met die newel hou nie.[1] HD 83535 is verantwoordelik vir die diamantringeffek wat op die foto gesien word.
Abell 33 | ||||
Soos gesien van die Mount Lemmon-sterrewag. | ||||
Soort newel | Planetêre newel | |||
Sterrebeeld | Noordelike Waterslang | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 09h 39m 09.2s | |||
Deklinasie | -02° 48′ 35″ | |||
Ander name | ||||
PNG 238.0+34.8, PK 238+34.1, ARO 65 | ||||
|
Die newel se kleur kom van die OIII-emissies (dubbelgeïoniseerde suurstof). Die newel is dof en selfs deur 'n teleskoop moeilik sigbaar. Die sferiese vorm kom van die feit dat Abell 33 geskep word deur 'n ster met 'n stadige rotasie.[2] Die newel het 'n soortgelyke vorm as die Uilnewel (M97), maar is baie donkerder.[3]
Verwysings
wysig- ↑ "Abell 33 Planetary Nebula in Hydra | Astrodonimaging.com" (in Engels (VSA)). Besoek op 11 Mei 2024.
- ↑ "Abell 33 – Astrodrudis" (in Engels (VSA)). Besoek op 27 Oktober 2023.
- ↑ "Planetary Nebula Abell 33 | Deep⋆Sky Corner". www.deepskycorner.ch (in Engels). Besoek op 27 Oktober 2023.
Skakels
wysig- http://www.caelumobservatory.com/gallery/abell33.shtml Geargiveer 12 Mei 2017 op Wayback Machine
- http://www.skyhound.com/observing/archives/mar/A_33.html
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.