Abraham de Villiers

Hermanus Abraham Izaak Jacobus Bosman de Villiers (1 November 1855 – 16 Oktober 1900) was 'n generaal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is vermoedelik by Hopetown gebore waar sy vader geboer het. Voordat hy tien jaar oud is verhuis die familie na Lichtenburg. In 1886 is hy tot die eerste plaaslike skoolkommissie verkies. Hy dien ook op die kommissie wat die NG gemeente Lichtenburg se gebou oprig. In 1898 was hy die bouaannemer van die staatsskool.

Nadat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, het hy by die plaaslike kommando aangesluit en gou die rang van generaal beklee. Hy word in die kop gewond tydens die Slag van Biddulphsberg en sy manskappe gee hom aan die Engelse oor vir mediese sorg. Hy sterf op 16 Oktober 1900.

Bronnelys

wysig