Pylgif
(Aangestuur vanaf Adenium boehmianum)
Die pylgif[1] (Adenium boehmianum) is 'n giftige vetplant wat inheems is aan noord-Namibië en suid-Angola.[2] Die Boesmans kook die bitter wortel- en melksap om gif vir hul pyle te berei, wat voldoende is vir die jag van grootwild, aangesien dit oor sterk kardiotoksiese effekte beskik.[2] Die blare, wat slegs vir drie maande in die jaar gedra word, is langs 'n spiraal op die tak gerangskik, met 'n tros blare aan die takpunt. Die plant blom slegs vir 'n paar weke in wintertyd.[2] Die langwerpige vrugte laat hul sade vry deur 'n langskeepse gleuf. Die sade beskik oor sywaartse veseltossels wat verspreiding deur wind vergemaklik.[3][4]
Pylgif | |
---|---|
'n Pylgif in blom naby die Kunenerivier, Namibië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. boehmianum
|
Binomiale naam | |
Adenium boehmianum Schinz, (1888)
| |
Sinonieme | |
|
Verwysings
wysig- ↑ "PlantZAfrika" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2016. Besoek op 31 Oktober 2016.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Schmelzer, G.H., Gurib-Fakim, A. (2008). Plant Resources of Tropical Africa 11(1), Medicinal plants 1. Wageningen, Nederland: Prota Stigting, Backhuys Uitgewers, CTA. pp. 43–45. ISBN 978-90-5782-204-9.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ Plants of the World Online
- ↑ REDLIST Sanbi