Afkwark
(Aangestuur vanaf Af-kwark)
Die afkwark of d-kwark (simbool: d, van die Engelse down quark) is die tweede ligste van al die kwarke, ’n soort elementêre deeltjie, en ’n hoofbestanddeel van materie. Saam met die opkwark vorm dit die neutrone (een opkwark, twee afkwarke) en protone (twee opkwarke, een afkwark) van atoomkerns. Dit is deel van die eerste generasie van materie, het ’n elektriese lading van −1⁄3 e en ’n massa van 4,1-5,7 MeV/c2.
Afkwark | ||
Die afkwark se plek in die Standaardmodel (onder kwarke). | ||
Samestelling | Elementêre deeltjie | |
Statistiek | Fermionies | |
Groep | Kwarke | |
Generasie | Eerste | |
Wisselwerking | Sterk, swak, elektromagneties, swaartekrag | |
Simbool | d | |
Antideeltjie | Af-antikwark | |
Geteoretiseer | Murray Gell-Mann (1964) George Zweig (1964) | |
Ontdek | SLAC (1968) | |
Massa | 4,8+0,5−0,3 MeV/c2[1] | |
Verval in | Stabiel of opkwark + elektron + elektron-antineutrino | |
Elektriese lading | -13 e | |
Kleurlading | Ja | |
Spin | 12 | |
Swak isospin | LH: -12, RH: 0 | |
Swak hiperlading | LH: 13, RH: -23 |
Nes ander kwarke is die afkwark ’n elementêre fermion met spin-1⁄2 en ervaar dit al vier fundamentele kragte: swaartekrag, elektromagnetisme, swak kernkrag en sterk kernkrag. Die antideeltjie van die afkwark is die anti-afkwark of anti-af), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.
Verwysings
wysig- ↑ J. Beringer (Particle Data Group) (2012). "PDGLive Particle Summary 'Quarks (u, d, s, c, b, t, b', t', Free)'" (PDF). Particle Data Group. Besoek op 21 Februarie 2013.
Eksterne skakels
wysig- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia