Afdaksrivier
Die Afdaksrivier ontstaan uit verskeie stroompies op die suidelike hange van die Babilonstoringberge in die Wes-Kaapprovinsie, Suid-Afrika.
Afdaksrivier Afdake | |
---|---|
Stroomgebied | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Oorsprong | Babilonstoringberge |
Monding | Botrivier lagune |
Monding-hoogte | 6 m |
Koördinate: 34°21′9.4″S 19°8′18.6″O / 34.352611°S 19.138500°O |
Hierna vloei dit weswaarts totdat dit die Botrivier se strandmeer ontmoet op die kus van die Atlantiese Oseaan, ongeveer 12 kilometer wes-noordwes van Hermanus.