African Democratic Change
Die African Democratic Change (ADeC) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party. Dit is op 1 Desember 2017 deur die voormalige parlementslid van die African National Congress, Makhosi Khoza, bekend gestel.[1] Khoza het in April 2018 uit die party bedank.[2] Die party word tans deur Visvin Reddy gelei.[3]
Stigting
wysigMakhosi Khoza het op 21 September 2017 as 'n African National Congress-lid van die parlement bedank om by die pogings teen korrupsie in Suid-Afrika aan te sluit.[4] Haar bedanking het gekom ná maande van haar kritiek op die voormalige ANC-president, Jacob Zuma, en sy het hom gevra om af te tree.[5] Na die aankondiging is daar gespekuleer dat Khoza 'n nuwe politieke party sou vorm.[6] Aanvanklike verslae in November 2017 het voorgestel dat Khoza haar nuwe politieke party "Change" sou noem.[7] Die African Democratic Change (ADeC) is op 1 Desember 2017 van stapel gestuur.[8] Khoza het vasbeslote gestel dat haar nuwe party nie tot niet sou gaan nie.[9]
Ná die bekendstelling het die African National Congress Khoza gekritiseer omdat die ADeC-kenteken lyk soos die African National Congress se kenteken. Khoza het hierdie eise verwerp.[10]
In April 2018, vier maande na die bekendstelling van die party, het Khoza as partyleier uitgetree.[11] Partyvoorsitter, Moses Mayekiso, is aangewys as haar opvolger.[12]
Verkiesingsuitslae
wysigDie party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, beide nasionaal en in al die provinsies.[13]
Nasionale verkiesings
wysigVerkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[14] | 6 499 | 0,04 | 0 |
Koalisie met MK
wysigIn Januarie 2024 het Reddy aangekondig dat nadat hy oudpresident Jacob Zuma ontmoet het, sy party ’n koalisie sal vorm met Zuma se uMkhonto we Sizwe (MK)-party.
Op 5 Maart 2024 het Reddy met geweld gedreig as die MK-party nie toegelaat word om aan die algemene verkiesing van 2024 deel te neem nie.[15]
Reddy verskyn negende op MK se nasionale lys vir die 2024-verkiesing.
Verwysings
wysig- ↑ Makhosi Khoza launches political party. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ Child, Katharine. Makhosi Khoza resigns from politics, TimesLIVE, 21 April 2018. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ Meet Moses Mayeksio, African Democratic Change President Geargiveer 10 Mei 2019 op Wayback Machine. Retrieved on 13 April 2019.
- ↑ Makhosi Khoza quits the ANC Geargiveer 13 April 2019 op Wayback Machine.
- ↑ Goodbye new alien and corrupt ANC, I quit - Makhosi Khoza Geargiveer 13 April 2019 op Wayback Machine.
- ↑ #MakhosiKhoza may start new party. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ Details: Makhosi Khoza to launch new political party ‘Change’. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ Makhosi Khoza’s new party hoping to woo disillusioned ANC voters. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ Party won't go Agang way, says #MakhosiKhoza. Besoek op on 13 April 2019.
- ↑ ANC slams Makhosi Khoza's party over logo
- ↑ ADeC 'faction' welcomes Khoza’s resignation[dooie skakel]
- ↑ Makhosi Khoza resigns from politics
- ↑ 48 parties to contest upcoming general election. Besoek op 13 April 2019.
- ↑ "NPEDashboard" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 11 Mei 2019.
- ↑ Phungula, Willem (6 Maart 2024). "'There will be no elections without MK'". IOL. Besoek op 10 Maart 2024.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |