Onder Afrikatale word algemeen dié tale verstaan wat op die vasteland van Afrika gepraat word en veral dié tale wat tradisioneel daar gepraat is. Daarby word die Indo-Europese tale wat deur kolonisasie geïmporteer of ontstaan het soos Frans, Engels, Portugees en Afrikaans buite beskouing gelaat.

Die gebiede waarin Afrika op grond van die fonologie van die tale ingedeel kan word (Clements 2005)
Amptelike tale van Afrika:
██ Afrikaans ██ Arabies ██ Engels ██ Frans ██ Portugees ██ Spaans ██ Swahili ██ ander tale
Die taalfamilies van Afrika

Fonologiese gebiede

wysig

Clements en Rialland[1] verdeel die kontinent op basis van die fonologie in ses gebiede.

  1. Noord-Afrika met veral Afro-Asiatiese tale, met name Semitiese en Berbertale.
  2. Die Soedan, met 'n groot aantal tale, veral Niger-Kongo-tale anders as Bantoetale, maar ook Tsjadiese tale; dit is dikwels toontale, met dubbele artikulasies soos "kp" of "gb".
  3. Oos-Afrika of die Horing van Afrika. Hier word ook Afro-Asiatiese tale gepraat, maar hulle behoort tot andere groepe soos Omoties en Koesjities.
  4. Die Slenkdal-gebied, waar Nilo-Saharies, Afro-Asiaties en selfs Khoisan naas mekaar bestaan sonder baie fonologiese oordrag.
  5. Sentraal-Afrika wat slegs deur Bantoetale beheers word.
  6. Suider-Afrika, waar tale met suigklanke gepraat word; daaronder is Bantoetale, maar ook dié tale wat as Khoisan-tale aangedui word.

Binne hierdie gebiede word dikwels tale gepraat wat tot baie verskillende groepe gereken word, maar wat mekaar fonologies wel beïnvloed het deur klanke uit te wissel. Die Slenkdal-gebied is 'n uitsondering hierop.

Taalfamilies

wysig

Verwysings

wysig
  1. (fr) Africa as a phonological area G. N. Clements Annie Rialland, Laboratoire de Phonétique et Phonologie, CNRS- Sorbonne-Nouvelle, Parys, 18 Junie 2005.

Eksterne skakels

wysig
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Afrikatale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Africa". Ethnologue. Besoek op 24 Januarie 2016.