Maak hoofkeuseskerm oop
Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien Soedan (gebied).

Soedan (Arabies: السودان, as-Sūdān; Engels: Sudan, [suˈdɑːn, -ˈdæn], ), amptelik die Republiek Soedan (Arabies: جمهورية السودان, Jumhūriyyat as-Sūdān; Engels: Republic of the Sudan), ook bekend as Noord-Soedan sedert Suid-Soedan se onafhanklikheid, is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van AfrikaAlgerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooisee in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman die grootste stad van Soedan.

جمهورية السودان
Jumhūriyyat as-Sūdān (Arabies)
Republic of the Sudan (Engels)
Republiek Soedan
Vlag van Soedan Embleem van Soedan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: النصر لنا
An-Naṣr lanā
(Arabies vir: "Oorwinning is ons s'n")
Volkslied: نحن جند الله، جند الوطن
Nahnu Jund Allah Jund Al-watan
(Arabies vir: "Ons is die soldate van God, die soldate van die Nasie")
Ligging van Soedan
Hoofstad Khartoem

15°38′N 32°32′O / 15.633°N 32.533°O / 15.633; 32.533

Grootste stad Omdoerman

15°39′N 32°29′O / 15.650°N 32.483°O / 15.650; 32.483

Amptelike tale Arabies en Engels[1]
Regering Federale presidensiële republiek
onder 'n militêre diktatuur
Abdel Fattah Abdelrahman Burhan
Onafhanklikheid
Vorming
• Nubiese koninkryke
• Sennar-dinastie
• Unifikasie met Egipte
• Anglo-Egiptiese Soedan
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
en Egipte
• Huidige grondwet
Suid-Soedanese wegbreek


3500 v.C.
1504[2]
1820
1899


1 Januarie 1956
9 Januarie 2005
9 Julie 2011
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 886 068 km2  (15de)
728 215 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
39 578 828[3] (35ste)
30 894 000[4] (omstrede)
21,3 / km2
55,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$177,592 miljard[5]
$4 102[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$34,373 miljard[5]
$796[5]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,502[6] (167ste)  –  medium
Gini (2009) 35,4[7] –  laag
Geldeenheid Pond (SDG)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .sd, سودان.
Skakelkode +249
Nasa-Satellietbeeld van Soedan
Kaart van Soedan en Darfoer

Soedan het 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en 'n bevolking van 39 578 828 in 2016 gehad. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voordat was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika. Die Nylrivier vloei in 'n noordelike rigting deur die land, wat deur die saamvloei van die Blou Nyl en die Wit Nyl in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-Bahri gevorm word.

Die naam van die land is afgelei van die geografiese gebied Soedan, wat suid van die Sahara van Wes- tot Oos-Sentraal-Afrika streek. Dit is afkomstig van die Arabiese bilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van die swartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.[8] Die naam is een van verskeie toponieme wat soortgelyke etimologieë deel, met die uiteindelike betekenis "land van die swartes" of soortgelyke betekenisse, met verwysing na die donker vel van die inwoners. Oorspronklik het die term Soedanese 'n negatiewe negatiewe konnotasie in die gearabisierde Soedan gehad weens sy verband met swart slawe uit Afrika. Die idee van 'n "Soedanese" nasionalisme het sy oorsprong in die 1930's en 1940's, toe dit deur jong intellektuele gewild gemaak is.[9]

Die vorige regering van Soedan onder president Omar al-Bashir is gereeld vir sy menseregskendings teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Omar al-Bashir word deur die Internasionale Strafhof weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.[10]

Sien ookWysig

VerwysingsWysig

  1. (en) "2005 constitution in English" (PDF). Besoek op 15 April 2019. 
  2. (en) Rayah, Mubarak B. (1978). Sudan civilization. Democratic Republic of the Sudan, Ministry of Culture and Information. p. 64. 
  3. (en) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 15 April 2019. 
  4. (en) "Discontent over Sudan census". News24. Kaapstad. AFP. 21 Mei 2009. Besoek op 16 September 2018. 
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Sudan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 15 April 2019. 
  6. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 15 April 2019. 
  7. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 15 April 2019. 
  8. (en) International Association for the History of Religions (1959), Numen, Leiden: EJ Brill, p. 131, "West Africa may be taken as the country stretching from Senegal in the West, to the Cameroons in the East; sometimes it has been called the central and western Sudan, the Bilad as-Sūdan, 'Land of the Blacks', of the Arabs" 
  9. (en) Sharkey, Heather J. (2007). “Arab Identity and Ideology in Sudan: The Politics of Language, Ethnicity and Race”. African Affairs 107 (426): 29–32. doi:10.1093/afraf/adm068.
  10. (en) "The world's enduring dictators". CBS News. 16 Mei 2011. Besoek op 16 September 2018. 

Eksterne skakelsWysig