Maak hoofkeuseskerm oop

Koeweit (Arabies: الكويت, al-Kuwait, [ɪl‿ɪkweːt] of [lɪkweːt]), amptelik die Staat Koeweit (دولة الكويت, Dawlat al-Kuwait, ), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is aan die spits van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) net suid van die Sjatt al-Arab (saamvloei van beide die Eufraat en Tigrisrivier) se monding, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, suidoos van Irak en suidwes van Iran. Koeweit beslaan 'n oppervlakte van 17 818 km² en het 'n bevolking van 4 052 584 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Koeweitstad, met die Al Hamra-toring. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Koeweit beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 69% van die land se bevolking vorm.[5]

دولة الكويت
Dawlat al-Kuwait
Staat Koeweit
Vlag van Koeweit Embleem van Koeweit
Vlag Embleem
Volkslied: النشيد الوطني
Al-Nasheed Al-Watani
Ligging van Koeweit
Hoofstad Koeweitstad

29°22′N 47°58′O / 29.367°N 47.967°O / 29.367; 47.967

Grootste stad Koeweitstad
Amptelike tale Arabies
Regering

Emir
• Kroonprins
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Sabah al-Sabah
Nawaf al-Sabah
Jaber Al-Hamad al-Sabah
Onafhanklikheid
Vorming
• Onafhanklikheid van die
Emiraat Al Hasa
• Anglo-Ottomaanse ooreenkoms
• Einde van verdrae
met die Verenigde Koninkryk



1752
1913

19 Junie 1961
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
17 818 km2  (152ste)
6 880 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
4 052 584[1] (128ste)
2 213 403[2]
200,2 / km2 (61ste)
518,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$322,362 miljard[3] (58ste)
$69 257[3] (5de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$152,374 miljard[3] (55ste)
$32 737[3] (8ste)

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,803[4] (56ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dinar (KWD)
Tydsone
 - Somertyd
AST / KSA (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .kw
Skakelkode +965
Nasa-Satellietbeeld van Koeweit
Kaart van Koeweit

In 1938 is ruoliereserwes in kommersiële hoeveelhede ontdek. Vanaf 1946 tot 1982 het die land 'n grootskaalse opknapping ondergaan. In die 1980's het Koeweit 'n tydperk van geopolitieke instabiliteit en ekonomiese krisis as gevolg van die ineenstorting van die aandelemark beleef. In 1990 is Koeweit deur sy buurland Irak onder Saddam Hoesein binnegeval en toe geannekseer. Die Irakse besetting is in 1991 deur 'n militêre koalisie onder leiding van die Verenigde State tydens die Golfoorlog beëindig. Koeweit is 'n groot nie-NAVO bondgenoot van die Verenigde State.[6] Dit is ook 'n vername bondgenoot van ASEAN en handhaaf ook sterk bande met die Volksrepubliek China.[7][8] Koeweit is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande.

Koeweit is 'n grondwetlike monargie met 'n semi-demokratiese politieke stelsel. Die land beskik oor 'n hoë-inkomste ekonomie, geborg deur die wêreld se sesde grootste ruoliereserwes. Die Koeweitse dinar is die geldeenheid met die hoogste waarde wêreldwyd.[9] Volgens die Wêreldbank het die land die vierde hoogste inkomste per capita. Die grondwet is in 1962 afgekondig.[10][11][12] Kuwait Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Koeweit Internasionale Lughawe in Koeweitstad.

VerwysingsWysig

  1. (en) World Population Prospects: The 2017 Revision”. United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  2. (en) Population of Kuwait”. 2013.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Kuwait”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  4. (en) 2018 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2018. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  5. (en) Kuwait”. Central Intelligence Agency. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  6. (en) Associated Press. “U.S. tightens military relationship with Kuwait”. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  7. (en) Times, Global. "KUNA : Kuwait calls for stronger GCC-ASEAN partnership – Politics – 28/09/2017". www.kuna.net.kw. 
  8. (en) "China and Kuwait agree to establish strategic partnership". GBTIMES. 
  9. (en) 10 Most Valuable Currencies in the World”. 21 Maart 2012.
  10. (en) Kuwaiti Democracy: Illusive or Resilient?”. American University of Beirut. URL besoek op 12 Maart 2016.
  11. (en) Kuwait”. Reporters without Borders. URL besoek op 12 Maart 2016.
  12. (en) Kuwait's Democracy Faces Turbulence”. Wall Street Journal. URL besoek op 12 Maart 2016.

Eksterne skakelsWysig