2022
jaar
2022 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2017 | 2018 | 2019 | 2020 | 2021 | ◄ 2022 ► | 2023 | 2024 | 2025 | 2026 | 2027 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2022 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Russiese inval in Oekraïne | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2022 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 22ste jaar van die 21ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Frankryk neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Slowenië oor.
- 10 Januarie – Die Nederlandse Rutte IV-kabinet word saamgestel.
- 4–20 Februarie – Die Olimpiese Winterspele 2022 word in Beijing, China, aangebied.
- 21 Februarie – Die Russiese president Wladimir Poetin onderteken die wet, waardeur die selfverklaarde Volksrepubliek Donetsk en Volksrepubliek Loehansk as onafhanklike republieke erken word.
- 24 Februarie – Rusland begin 'n grootskaalse inval in Oekraïne.
- 4–13 Maart – Die Paralimpiese Winterspele 2022 word in Beijing aangebied.
- 4 April – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking, wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is.
- 14 April – Die Russiese geleide missielkruiser, die Moskwa sink in die Swartsee, nadat dit deur twee Oekraïense R-360 Neptune-teenskipmissiele getref word.
- 15 April – Die FBI verklaar dat die kuberkrakers wat aan die Noord-Koreaanse kubermisdaadgroep, die Lasarus-groep gekoppel is, was verantwoordelik vir die diefstal van VS$ 620 van Axie Infinity se Ronin Network in Maart 2022.
- 14 Mei – Die Eurovision-sangfees word gewen deur Oekraïne.
- 26 Mei – Hemelvaartsdag.
- 24 Junie – Roe v. Wade: Die Amerikaanse 1973-Hooggeregshof-mylpaalbeslissing oor aborsie word omvergewerp.
- 25 Junie – Gaboen en Togo word onderskeidelik die 55ste en 56ste lede van die Britse Statebond.
- 1 Julie – Tsjeggië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Frankryk oor.
- 23 Julie – Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) verklaar die uitbreking van apokke tot 'n “openbare gesondheidsnood van internasionale kommer" met meer as 16 000 aangemelde gevalle in 75 lande en gebiede.
- 9 Augustus – 'n Reeks groot ontploffings vind plaas by die Saki-lughawe in die stad Nowofedoriwka, Krim, tydens die Russiese inval in die Oekraïne.
- 20 Augustus – Misuzulu Zulu word ingehuldig as Zoeloekoning.
- 24 Augustus – 250ste geboorteherdenking van Willem I, soewereine vors en later die eerste koning van die Nederlande.
- 4 September – Pous Johannes Paulus I word deur Pous Franciskus salig verklaar.
- 5 September – Liz Truss word aangewys as die wenner van die Britse Konserwatiewe Party-leierskapsverkiesing, en klop Rishi Sunak.
- 6 September – Russies-Oekraïnse Oorlog: Oekraïne begin sy Charkif-teenoffensief, verras Russiese magte en neem meer as 3 000 vierkante kilometer grond terug, en herower die hele Charkif-oblast wes van die Oskilrivier, binne die volgende week.
- 7 September – 200-jarige herdenking van Brasilië se onafhanklikheid.
- 16 September – Mahsa Amini, ‘n Iranse vrou, sterf onder verdagte omstandighede in Teheran, moontlik weens polisiebrutaliteit. Haar dood het gelei tot 'n reeks grootskaalse betogings regoor Iran.
- 19 September – Die staatsbegrafnis van koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk word in Westminster-abdy, Londen, gehou.
- 30 September – Die Russiese Federasie onderteken die toetredingsverdrae om die anneksasie van die gedeeltelik besette Oekraïense oblaste Loehansk, Donetsk, Zaporizjzja en Cherson te begin.
- 30 September – 'n Staatsgreep word deur kaptein Ibrahim Traor in Burkina Faso uitgevoer.
- 16 Oktober–13 November – Die 8ste T20I-krieketwêreldbeker word in Australië aangebied en deur Engeland gewen.
- 29 Oktober – Misuzulu Zulu word by 'n groot plegtigheid in Durban amptelik as Zoeloekoning gekroon en deur die Suid-Afrikaanse regering erken.
- 1 November – Verkiesings vir die 25ste Knesset in Israel.
- 15 November – 'n Reeks betogings teen Covid-19-inperkings het in die Volksrepubliek China begin.
- 16 November – Die Afrikaanse Wikipedia is 21 jaar oud.
- 20 November–18 Desember – Die 22ste Sokker-wêreldkampioenskap word in Katar aangebied en deur Argentinië gewen.
- 29 Desember - Die Israeliese Netanyahu VI-kabinet word saamgestel.
Sterftes
wysigJanuarie tot Maart
wysig- 6 Januarie – Sir Sidney Poitier, Amerikaansgebore akteur, regisseur, skrywer en diplomaat van die Bahamas (* 1927).
- 9 Januarie – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1934).
- 16 Januarie – Ibrahim Boubacar Keïta, politikus en president van Mali (* 1945).
- 18 Januarie – Peter Robbins, Amerikaanse kinderakteur en stemakteur (* 1956).
- 19 Januarie – Gaspard Ulliel, Franse rolprentakteur (* 1984).
- 21 Januarie – Thomas Deacon, Afrikaanse digter en skrywer (* 1942).
- 22 Januarie – Thich Nhat Hanh, Viëtnamese Boeddhistiese monnik, vredesaktivis, digter en skrywer (* 1926).
- 22 Januarie – Kathryn Kates, Amerikaanse aktrise (* 1948).
- 29 Januarie – Howard Hesseman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1940).
- 30 Januarie – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur (* 1945).
- 9 Februarie – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmdirekteur, kunsskilder en fotograaf (* 1975).
- 18 Februarie – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1959).
- 20 Februarie – H.O. de Villiers, Springbokheelagter in 1967 (* 1945).
- 4 Maart – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur (* 1934).
- 4 Maart – Shane Warne, Australiese krieketspeler (* 1969).
- 20 Maart – De Waal Venter, Afrikaanse skrywer (* 1942).
- 27 Maart – Ronel Nel, Afrikaanse skrywer (* 1964).
April tot Junie
wysig- 12 April – Gilbert Gottfried, Amerikaanse komediant en akteur (* 1955).
- 15 April – Liz Sheridan, Amerikaanse aktrise (* 1929).
- 16 April – Rhoda Kadalie, Suid-Afrikaanse menseregteaktivis (* 1953).
- 20 April – Robert Morse, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 23 April – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein (* 1940).
- 23 April – Orrin Hatch, Amerikaanse senator en komponis (* 1934).
- 30 April – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1946).
- 8 Mei – Fred Ward, Amerikaanse akteur (* 1942).
- 8 Mei – Dennis Waterman, Engelse akteur (* 1948).
- 11 Mei – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis (* 1971).
- 13 Mei – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate (* 1948).
- 17 Mei – Vangelis, Griekse komponis (* 1943).
- 24 Mei – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom (* 1962).
- 26 Mei – Ray Liotta, Amerikaanse akteur (* 1954).
- 28 Mei – Bo Hopkins, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1942).
- 28 Mei – Patricia Brake, Engelse aktrise (* 1942).
- 4 Junie – John Berks, Suid-Afrikaanse omroeper en radiopersoonlikheid (* 1941).
- 9 Junie – Matt Zimmerman, Kanadese akteur (* 1934).
- 12 Junie – Philip Baker Hall, Amerikaanse akteur (* 1931).
- 12 Junie – Phil Bennett, Walliese internasionale rugbyspeler (* 1948).
- 26 Junie – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1931).
Julie tot September
wysig- 3 Julie – Barry Ronge, Suid-Afrikaanse joernalis, rubriekskrywer, skrywer, omroeper, filmresensent en humoris (* 1948)
- 4 Julie – Remco Campert, Nederlandse skrywer, digter en rubriekskrywer (* 1929).
- 6 Julie – James Caan, Amerikaanse akteur (* 1940).
- 8 Julie – Shinzo Abe, Japannese politikus (* 1954).
- 8 Julie – José Eduardo dos Santos, Angolese politikus (* 1942).
- 8 Julie – Tony Sirico, Amerikaanse akteur (* 1942).
- 14 Julie – Lionel Peterson, Suid-Afrikaanse gospelsanger en evangelis (* 1947).
- 17 Julie – Jessie Duarte, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1953).
- 18 Julie – Don Mattera, Suid-Afrikaanse digter en skrywer (* 1935).
- 25 Julie – Paul Sorvino, Amerikaanse akteur (* 1939).
- 27 Julie – Mary Alice, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 27 Julie – Tony Dow, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1945).
- 30 Julie – Pat Carroll, Amerikaanse aktrise (* 1927).
- 30 Julie – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1932).
- 31 Julie – Ayman al-Zawahiri, al-Kaïda leier (* 1951).
- 8 Augustus – Olivia Newton-John, Brits-Australies-Amerikaanse sangeres en aktrise (* 1948).
- 12 Augustus – Anne Heche, Amerikaanse aktrise, skryfster en vervaardiger (* 1969).
- 17 Augustus – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer (* 1940).
- 24 Augustus – Christian Hjejle, Deense akteur (* 1928).
- 25 Augustus – Victor Edouard d'Assonville, Suid-Afrikaanse teoloog, historikus en skrywer (* 1927).
- 25 Augustus – Margaretha Lategan Spies, Suid-Afrikaanse onderwyseres en voormalige hoof van die C&N Meisieskool Oranje in Bloemfontein (* 1916).
- 29 Augustus – Charlbi Dean, Suid-Afrikaanse aktrise en model (* 1990).
- 30 Augustus – Michail Gorbatsjof, Russiese politikus en invloedryke Sowjetleier (* 1931).
- 8 September – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (* 1926).
- 12 September – Dennis East, Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en musikale vervaardiger (* 1949).
- 13 September – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus (* 1930).
- 22 September – Hilary Mantel, Engelse outeur van o.a. romans (* 1952).
- 23 September – Louise Fletcher, Amerikaanse aktrise (* 1934).
Oktober tot Desember
wysig- 4 Oktober – Günter Lamprecht, Duitse akteur en skrywer (* 1930).
- 4 Oktober – Loretta Lynn, Amerikaanse country-sanger (* 1932).
- 11 Oktober – Angela Lansbury, Britse-Amerikaanse aktrise (* 1925).
- 14 Oktober – Robbie Coltrane, Skotse akteur, komediant en skrywer (* 1950).
- 19 Oktober – Leopold Scholtz, Suid-Afrikaanse historikus, akademikus, skrywer en joernalis (* 1948).
- 23 Oktober – Eric Nobbs, Suid-Afrikaanse akteur (* 1954).
- 31 Oktober – Jeremy Mansfield, Suid-Afrikaanse radio-omroeper en televisiepersoonlikheid (* 1963).
- 5 November – Aaron Carter, Amerikaanse akteur, kletsrymer en sanger (* 1987).
- 19 November – Jason David Frank, Amerikaanse akteur (* 1973).
- 5 Desember – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster (* 1951).
- 6 Desember – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur (* 1948).
- 24 Desember – Boet Troskie, Suid-Afrikaanse sakeman en rolprentvervaardiger (* 1936).
- 29 Desember – Pelé, Brasiliaanse sokkerspeler, dikwels beskryf as die beste sokkerspeler van alle tye (* 1940).
- 29 Desember – Vivienne Westwood, Engelse modeontwerper (* 1941).
- 31 Desember – Joseph Alois Ratzinger, later Pous Benedictus XVI van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1927).
- 31 Desember – Dolf van Niekerk, Afrikaanse skrywer (* 1929).