Maak hoofkeuseskerm oop

Katar (Arabies: قطر, Qatar, [ˈqɑtˤɑr]), amptelik die Staat Katar (دولة قطر, Dawlaṫ Qaṭar), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is op 'n skiereiland in die Persiese Golf, hier "Arabiese Golf" genoem, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, oos van Bahrein, noordwes van die Verenigde Arabiese Emirate en suidwes van Iran. Katar beslaan 'n oppervlakte van 11 581 km² en het 'n bevolking van 2 641 669 in 2017 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Doha. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Katar beskik oor 'n groot aantal immigrante.[6]

دولة قطر
Dawlaṫ Qaṭar
Staat Katar
Vlag van Katar Embleem van Katar
Vlag Embleem
Volkslied: السلام الأميري
As Salam al Amiri
(Arabies vir: "Amiri-saluut")
Ligging van Katar
Hoofstad Doha

25°18′N 51°31′O / 25.300°N 51.517°O / 25.300; 51.517

Grootste stad Doha
Amptelike tale Arabies
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Tamim bin Hamad Al Thani
Abdullah bin Nasser
Onafhanklikheid
• Nasionale Dag
• Verklaar
• Erken
van die Verenigde Koninkryk
18 Desember 1878
1 September 1971
3 September 1971
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
11 581 km2  (158ste)
4 471 myl2
0,8
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
2 641 669[1] (140ste)
1 699 435[2]
176 / km2 (76ste)
455,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$374,600 miljard[3] (51ste)
$133 254[3] (1ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$204,306 miljard[3] (56ste)
$72 677[3] (6de)

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,856[4] (37ste)  –  baie hoog
Gini (2007) 41,1[5] –  medium
Geldeenheid Riyal (QAR)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .qa, قطر.
Skakelkode +974
Nasa-Satellietbeeld van Katar
Kaart van Katar

Katar word deur die Huis van Thani regeer sedert Mohammed bin Thani in 1868 'n verdrag met die Britte onderteken het waarin sy separate status erken word. Na die Ottomaanse heerskap het Katar aan die begin van die 20ste eeu 'n Britse protektoraat geword tot sy onafhanklikheid in 1971. In 2003 is die grondwet oorweldigend in 'n referendum goedgekeur, met byna 98% ten gunste daarvan.[7][8]

Katar beskik oor die hoogste koopkragpariteit per capita en 'n hoë Menslike-ontwikkelingsindeks. Katar is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Katar is deur die Verenigde Nasies as 'n land met 'n baie hoë menslike ontwikkeling geklassifiseer en word algemeen beskou as die mees gevorderde Arabiese land volgens menslike ontwikkeling beskou. Die land se ekonomie word gesteun deur die wêreld se derde grootste aardgas en ruoliereserwes.[9]

Katar is deur FIFA as gasheerland vir die 22ste Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aangewys, maar die toekenning is baie omstrede. Oorspronklik is ook die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 aan die land toegeken, maar dit is later weer deur FIFA teruggeneem. Katar het in 2019 vir die eerste keer die Asië Nasies-beker gewen.

Vanaf Katar se hoofstad Doha beeldsend die nuuskanaal Al Jazeera in die Arabiese wêreld uit. Qatar Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Hamad Internasionale Lughawe in Doha. Katar is sedert Junie 2017 onderhewig aan 'n diplomatiese en ekonomiese embargo deur Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Egipte. Saoedi-Arabië het ook die bou van die Salwa-kanaal voorgestel, wat langs die gemeensame grens sal loop en Katar as 't ware in 'n eilandnasie sal verander.

VerwysingsWysig

  1. (en) Population structure”. Ministry of Development Planning and Statistics: 31 Januarie 2017.
  2. (en) Populations”. Qsa.gov.qa. URL besoek op 2 October 2010.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) Qatar”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  4. (en) 2018 Human Development Report”. United Nations Development Programme: 2018. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  5. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 9 Augustus 2014.
  6. (en) Qatar”. Central Intelligence Agency. URL besoek op 4 Februarie 2019.
  7. (en) IFES Election Guide – Elections: Qatar Referendum Apr 29 2003”. URL besoek op 5 Junie 2017.
  8. (en) Qatar 2003”. URL besoek op 5 Junie 2017.
  9. (en) Indices & Data | Human Development Reports”. United Nations Development Programme: 14 Maart 2013. URL besoek op 27 Junie 2013.

Eksterne skakelsWysig