9 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
9 April is die 99ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (100ste in skrikkeljare). Daar volg nog 266 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 193 – Septimius Severus word keiser in Rome.
- 1256 – Pous Alexander IV rig die orde van die kluisenaars van die heilige Augustinus op met die bul Licet Ecclesiae Catholicae.
- 1388 – Veldslag van Näfels. Die boere van Glarus oorwin ´n Oostenrykse leër van 5000 man wat Glarus by Näfels wil binneval. Na die veldslag sluit Oostenryk ´n twintigjaar vredesverdrag met die Switserse Bondgenootskap.
- 1555 – Pous Marcellus II volg Pous Julius III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1657 – Pous Alexander VII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder sy neef Flavio Chigi, senior en Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX).
- 1682 – Robert de LaSalle ontdek die monding van die Mississippi-rivier en eien dit toe vir Frankryk en noem dit Louisiana.
- 1830 – Die eerste uitgawe van die eerste Hollandse koerant aan die Kaap, De Zuid-Afrikaan, verskyn.
- 1938 – Die Slag van Italeni vind plaas.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van Verdun - Duitse magte begin hulle derde offensief van die oorlog.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Slag van Arras - Die slag begin met Kanadese troepe wat 'n massiewe aanval op die Vimy-rif loods.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Denemarke en Noorweë binne.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Bataan - Magte van die Verenigde State gee oor op die Bataan-skiereiland.
- 1945 – Die Sowjet-Russiese beleg van die Duitse stad Koningsberg in Oos-Pruise kom tot ´n einde toe Generaal Otto Lasch, die hoof van die Duitse garisoen kapituleer.
- 1947 – Die Glazier-Higgins-Woodward-tornado is verantwoordelik vir die dood van 181 mense, en die besering van 970 in Texas, Oklahoma, en Kansas.
- 1959 – Nasa kondig die Mercury Sewe aan.
- 1967 – Die eerste Boeing 737 (100-reeks) se eerste vlug.
- 1991 – Georgië verklaar sy onafhanklikheid van die Sowjet-Unie.
- 1992 – Manuel Noriega word op agt klagtes skuldig bevind.
- 1999 – Ismail Omar Guelleh verkies tot president van Djiboeti.
- 1999 – Niger se President, Ibrahim Baré Maïnassara, vermoor.
- 2002 – Die Koningin-moeder van die Verenigde Koninkryk, Elizabeth Bowes-Lyon se begrafnis in die Westminster-abdy.
- 2003 – Irakse Oorlog: Die Ba’ath-regime gelei deur Saddam Hussein in Irak verwyder.
Geboortes
wysig- 1336 – Timoer, ’n 14de-eeuse Turks-Mongoolse krygsheer en die stigter van die Timoerryk († 1405).
- 1806 – Isambard Kingdom Brunel, Britse ingenieur († 1859).
- 1835 – Koning Leopold II van België († 1909).
- 1850 – Abraham Fischer, enigste eerste minister van die Oranjerivierkolonie († 1913).
- 1860 – Emily Hobhouse, Britse menseregteaktivis († 1926).
- 1898 – Paul Robeson, Amerikaanse sanger en akteur († 1976).
- 1906 – Antal Doráti, Hongaarse dirigent († 1988).
- 1909 – Robert Helpmann, Australiese danser en akteur († 1988).
- 1917 – Brad Dexter, Amerikaanse akteur († 2002).
- 1933 – Jean-Paul Belmondo, Franse akteur en vervaardiger (d. 2021)
- 1935 – Avery Schreiber, Amerikaanse akteur en komediant (d. 2002)
- 1936 – Jerzy Maksymiuk, Poolse dirigent, pianis en komponis.
- 1937 – Avril Malan, Suid-Afrika se nege-en-twintigste Springbokkaptein.
- 1937 – Valerie Singleton, Engelse televisie en radiogasdame.
- 1939 – Michael Learned, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Brandon deWilde, Amerikaanse akteur († 1972),
- 1944 – Leila Khaled, Palestynse vliegtuigkaper.
- 1954 – Dennis Quaid, Amerikaanse akteur.
- 1957 – Seve Ballesteros, Spaanse gholfspeler († 2011).
- 1958 – Nigel Slater, Engelse kosskrywer en outeur.
- 1965 – Mark Pellegrino, Amerikaanse akteur.
- 1966 – Cynthia Nixon, Amerikaanse aktrise.
- 1968 – Jay Chandrasekhar, Amerikaanse akteur, skrywer en komediant.
- 1969 – Barnaby Kay, Engelse akteur.
- 1974 – Jenna Jameson, Amerikaanse aktrise en pornoster.
- 1979 – Ryan Cox, Suid-Afrikaanse fietsryer († 2007).
- 1979 – Keshia Knight Pulliam, Amerikaanse aktrise.
- 1980 – Lika Berning, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1980 – Lindiwe Mazibuko, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1982 – Jay Baruchel, Kanadese akteur.
- 1986 – Leighton Meester, Amerikaanse aktrise.
- 1987 – Jesse McCartney, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1990 – Kristen Stewart, Amerikaanse aktrise.
- 1994 – Joey Pollari, Amerikaanse akteur.
- 1998 – Elle Fanning, Amerikaanse aktrise.
- 2000 – Jackie Evancho, Amerikaanse sanger.
Sterftes
wysig- 491 – Zeno, keiser van Bisantium (* 425)
- 715 – Pous Konstantyn, 88ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 664).
- 879 – Lodewyk die Stamelaar, Koning van Frankryk (* 846).
- 1024 – Pous Benedictus VIII, 143ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ~980).
- 1483 – Koning Edward IV van Engeland (* 1442).
- 1492 – Lorenzo de' Medici, Italiaanse politikus (* 1149).
- 1626 – Francis Bacon, Britse staatsman, filosoof, wetenskaplike en skrywer (* 1561).
- 1806 – Willem V, Prins van Oranje en die laaste Stadhouer van die Nederlandse Republiek (* 1748)
- 1882 – Dante Gabriel Rossetti, Britse digter en skilder (* 1828).
- 1888 – Jan Renier Snieders, Vlaamse skrywer en broer van August Snieders (* 1812).
- 1931 – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1880).
- 1945 – Wilhelm Canaris, Duitse admiraal (* 1887).
- 1959 – Frank Lloyd Wright, Amerikaanse argitek (* 1867).
- 2013 – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek (* 1919).
- 2021 – Prins Philip, Hertog van Edinburg, eggenoot van Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk (* 1921).
- 2021 – Graeme Bloch, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en opvoedkundige (* 1956)
Vakansiedae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 9 April. |