2 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
2 April is die 92ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (93ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 273 dae in hierdie jaar.
Gebeure
wysig- 999 – Pous Silvester II volg Pous Gregorius V op.
- 1285 – Pous Honorius IV volg Pous Martinus IV op.
- 1513 – Juan Ponce de León word die eerste Europeër om Florida te bereik en neem dit in besit vir die Spaanse kroon.
- 1801 – In die Napoleontiese Oorloë vernietig die Britte onder Horatio Nelson die Deense vloot tydens die Slag van Kopenhagen en verhinder so die stig van ´n anti-Britse bondgenootskap tussen Swede, Denemarke en Rusland.
- 1865 – In die Amerikaanse Burgeroorlog vlug president Jefferson Davis en die meeste van sy kabinet uit hul hoofstad Richmond.
- 1899 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word priester gewy.
- 1917 – VSA-president Woodrow Wilson vra vir 'n oorlogsverklaring teen Duitsland.
- 1930 – Haile Selassie word aangewys as heerser van Ethiopië.
- 1953 – Francis Crick en James Watson verduidelik die dubbelheliksstruktuur van DNS.
- 1970 – Qatar word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1982 – Argentinië val die Britse Falklandeilande in en begin die Falklandoorlog.
- 1992 – Pierre Bérégovoy word Eerste Minister van Frankryk
- 1993 – Doom, alpha weergawe 0.4 word voltooi.
- 2002 – Israelimagte begin 'n beleg van die Geboortekerk in Betlehem met ongeveer 200 Palestyne binne.
- 2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit aan by NAVO as lede.
- 2011 – Indië klop Sri Lanka in die eindstryd met 6 paaltjies en wen sodoende die tiende Krieketwêreldbeker in Indië, Sri Lanka en Bangladesj.
Geboortes
wysig- 742 – Karel die Grote, Koning van die Franke en Keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 814)
- 1647 – Maria Sibylla Merian, Switserse natuurwetenskaplike en kunstenaar († 1717).
- 1725 – Casanova, Italiaanse avonturier en skrywer († 1798).
- 1805 – Hans Christian Andersen, Deense skrywer († 1875).
- 1827 – William Holman Hunt, Engelse skilder († 1910).
- 1840 – Émile Zola, bekende Franse skrywer († 1902).
- 1875 – Walter Chrysler, Amerikaanse nyweraar, pionier van die motorbedryf († 1940).
- 1882 – Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse kabinetsminister, soldaat en skrywer († 1944).
- 1882 – Pauline Janet Smith, Suid-Afrikaanse skrywer († 1959).
- 1891 – Max Ernst, Duitse skilder († 1976).
- 1914 – Alec Guinness, Engelse akteur († 2000).
- 1920 – Jack Webb, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger († 1982).
- 1926 – Jack Brabham, Australiese Grand Prix-renjaer († 2014).
- 1928 – Serge Gainsbourg, Franse digter, sanger, komponis, akteur, regisseur en skilder († 1991).
- 1928 – Dolly Rathebe, Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres. († 2004).
- 1934 – Brian Glover, Britse akteur, skrywer en stoeier. († 1997).
- 1939 – Marvin Gaye, Amerikaanse sanger († 1984).
- 1940 – Penelope Keith, Engelse aktrise.
- 1945 – Linda Hunt, Amerikaanse aktrise.
- 1969 – Mariella Ahrens, Duitse aktrise.
- 1977 – Michael Fassbender, Iers-Duitse akteur.
- 1992 – Lizelle Lee, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
wysig- 1013 – Teenpous Johannes XVI, in Fulda (onbekend).
- 1502 – Prins Arthur Tudor, ouer broer van Hendrik VIII van Engeland (* 1486).
- 1872 – Samuel Morse, uitvinder en ontwerp van die telegraaf en Morse-kode (* 1791).
- 1875 – Karel Landman, voortrekkerleier en tweede in bevel tydens die Slag van Bloedrivier (* 1796).
- 1974 – Georges Pompidou, President van Frankryk (* 1911).
- 1981 – Nico Malan, administrateur van Kaapland (* 1903).
- 1986 – Ben Schoeman, 'n Suid-Afrikaanse minister (* 1905).
- 1989 – Inez Clare Verdoorn, Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1896).
- 1994 – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer (* 1916).
- 2005 – Pous Johannes Paulus II, die die 264ste pous (* 1920)
- 2013 – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemwêreldrekordhouer. (* 1952).
- 2018 – Winnie Madikizela-Mandela, anti-apartheidsaktivis en gewese vrou van Nelson Mandela (* 1936).
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 April. |