27 April
datum
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
27 April is die 117de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (118de in skrikkeljare). Daar volg nog 248 dae.
Gebeure
wysig- 1124 – David van Skotland word koning.
- 1296 – Die Skotte word by die Slag van Dunbar verslaan.
- 1509 – Pous Julius II skors die Italiaanse staat van Venesië.
- 1521 – Ontdekkingsreisiger Ferdinand Magellan word in die Filippyne vermoor.
- 1565 – Cebu City word gevestig as die eerste Spaanse kolonie die Filippyne.
- 1570 – Pous Pius V publiseer die bul Regnans in Excelsis waarin hy Elizabeth I van Engeland ekskommunikeer.
- 1667 – John Milton verkoop die kopiereg van Paradise Lost vir £10.
- 1773 – Die Britse parlement neem die Teewet aan om die Oos-Indiese maatskappy te red deur hul 'n monopolie te gee in die Noord-Amerikaanse teemark.
- 1805 – Berbers en vlootsoldate van die VSA val Derna in Tripoli aan.
- 1813 – Oorlog van 1812: Die Verenigde State se troepe neem die hoofstad Ontario, van York oor (tans Toronto, Ontario).
- 1840 – Grondsteen van Paleis van Westminster, Londen word gelê deur die vrou van Heer Charles Barry.
- 1843 – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word aartsbiskop van Damietta.
- 1861 – VSA-president Abraham Lincoln skort die habeas corpus bevelskrif op.
- 1865 – Ongeveer 1 700 mense, meestal Andersonville tronkgevangenes, sterf na die Sultana stoomskip ontplof en sink in die Mississippirivier.
- 1908 – Die 1908 Olimpiese Somerspele begin in Londen.
- 1909 – Die sultan van Turkye Abdul Hamid II word omvergewerp, en deur sy broer Murat V opgevolg.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe beset Athene.
- 1947 – Babe Ruth-dag word gevier in die Yankee Stadion.
- 1950 – Apartheid: In Suid-Afrika word die Wet op Groepsgebiede goedgekeur en rasse word formeel geskei.
- 1960 – Togo verkry onafhanklikheid van Frans-geadministreerde VN beheer.
- 1961 – Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 1967 – Expo '67 open in Montréal (Québec).
- 1981 – Xerox PARC kondig die rekenaarmuis aan.
- 1986 – Captain Midnight (John R. MacDougall) kaap HBO se satelliet en saai sy eie boodskap uit na die kykers van HBO.
- 1992 – Serwië en Montenegro stig die Bondsrepubliek Joego-Slawië.
- 1994 – Vryheidsdag ingestel na afloop van die eerste Suid-Afrikaanse demokratiese verkiesing op hierdie dag. Nelson Mandela, verkies tot president onder ANC leierskap, volg FW de Klerk onder NP leierskap op.
- 1997 – Andrew Cunanan vermoor Jerffrey Trail, en begin 'n moordtog wat duur tot Julie en eindig met die moord van mode-ontwerper Gianni Versace.
- 2005 – Eerste vlug van ’n Airbus A380 toegerus met Rolls-Royce Trent 900 enjins by die lughawe van Toulouse.
- 2014 – Pous Johannes XXIII en Pous Johannes Paulus II word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
Geboortes
wysig- 1759 – Mary Wollstonecraft, Engelse skrywer, filosoof en kampvegter vir vroueregte († 1797).
- 1791 – Samuel Morse, uitvinder van Morse-kode († 1872).
- 1820 – Herbert Spencer, Engelse filosoof († 1903).
- 1822 – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State († 1885).
- 1830 – Gordon Sprigg, voormalige eerste minister van die Kaapkolonie († 1913)
- 1885 – Karl Bremer, eertydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid († 1953).
- 1888 – Florence La Badie, Amerikaanse pionier aktrise († 1917).
- 1891 – Sergei Prokofiëf, Russiese komponis († 1953).
- 1897 – Chris Blignaut 'n legendariese Afrikaanse sanger († 1974).
- 1902 – Dr. Hendrik Johannes van Eck, 'n Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar († 1970).
- 1908 – Arthur Bleksley, ’n Suid-Afrikaanse wetenskaplike († 1984).
- 1922 – Jack Klugman, Amerikaanse akteur († 2012).
- 1927 – Coretta King, burgerregte aktivis en weduwee van die prediker Martin Luther King
- 1932 – Pik Botha, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Buitelandse Sake († 2018).
- 1932 – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar († 2020).
- 1939 – João Bernardo Vieira, voormalige president van Guinee-Bissau († 2009).
- 1946 – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter († 2017).
- 1967 – Koning Willem-Alexander van die Nederlande.
- 1979 – Sally Hawkins, Engelse aktrise en skryfster.
Sterftes
wysig- 1124 – Koning Alexander I van Skotland (* circa 1078).
- 1404 – Koning Philip III van Frankryk (* 1342).
- 1521 – Ferdinand Magellan, Portugese ontdekkingsreisiger (* 1480).
- 1605 – Pous Leo XI, die 232ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1535).
- 1882 – Ralph Waldo Emerson, Amerikaanse skrywer (* 1803).
- 1891 – Joachim Oppenheim, skrywer en rabbi (* 1832).
- 1894 – Charles Laval, Franse skilder (* 1862).
- 1972 – Kwame Nkrumah, eerste leier van Ghana na onafhanklikheid (* 1909).
- 1992 – Olivier Messiaen, Franse komponis (* 1908).
- 1995 – Willem Frederik Hermans, Nerderlandse skrywer (* 1921).
- 2007 – Mstislav Rostropovich, Russiese musikus (* 1927).
- 2009 – Tomohiko Ikoma, Japannese sokkerspeler (* 1932).
- 2011 – David Wilkerson, Amerikaanse predikant, evangelis en skrywer (* 1931).
- 2015 – Suzanne Crough, Amerikaanse aktrise (* 1963).
- 2023 – Jerry Springer, Amerikaanse televisieaanbieder (* 1944).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Koninkryk van die Nederlande – Koningsdag (sedert 2014).
- Suid-Afrika: Vryheidsdag.