1932
jaar
1932 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1927 | 1928 | 1929 | 1930 | 1931 | ◄ 1932 ► | 1933 | 1934 | 1935 | 1936 | 1937 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1932 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Franklin Roosevelt tydens die verkiesings | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1932 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 32ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- James Chadwick ontdek neutrone, die neutrale boustene van die kern van ’n atoom.
- 27 Januarie – Marjorie Hingle word in ’n Johannesburgse tussenverkiesing die eerste vrou wat in Suid-Afrika stem.
- 28 Januarie – Japannese troepe beset Shanghai in die Republiek China.
- 4-15 Februarie – Die derde Olimpiese Winterspele word in Lake Placid, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 24 Junie – ’n Militêre staatsgreep beëindig die mag van die koning van Siam (Thailand).
- 2 Julie – Die term ‘New Deal’ word deur president Franklin D. Roosevelt vir die eerste keer gebruik.
- 17 Julie – Leeudoringstad-spoorwegramp: 'n Goederetrein met 'n vrag van 1200 ton dinamiet ontplof by Leeudoringstad in Suid-Afrika.
- 30 Julie-14 Augustus – Die tiende Olimpiese Somerspele word in Los Angeles, Verenigde State van Amerika, aangebied.
- 23 September – Hejaz en Nejd smelt saam om die Koninkryk van Saoedi-Arabië te vorm met Ibn Saud as die eerste monarg en Riaad as die hoofstad.
- 3 Oktober – Irak word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 19 Desember – Die Britse Uitsaaikorporasie begin internasionaal uitsaai met sy Empire Service na Australië.
Geboortes
wysig- 5 Januarie – Douglas Livingstone, Suid-Afrikaanse digter († 1996)
- 5 Januarie – Umberto Eco, Italiaanse skrywer en filosoof († 2016).
- 9 Januarie – Ryne de Beer, Suid-Afrikaanse musikant (Die Fluitende Predikantsvrou) († 2008).
- 4 Februarie – Robert Coover, Amerikaanse skrywer.
- 7 Februarie – Alfred Worden, Amerikaanse ruimtevaarder en ingenieur († 2020).
- 9 Februarie – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser († 2009).
- 19 Februarie – Joseph P. Kerwin, Amerikaanse dokter en ruimtevaarder.
- 20 Februarie – Edgar Herrmann, Duitsgebore Keniaanse tydrenjaer, wenner van die Safaritydren in 1970 en 1971.
- 26 Februarie – Johnny Cash, Amerikaanse country-sanger († 2003).
- 27 Februarie – Elizabeth Taylor, Britse aktrise († 2011).
- 4 Maart – Miriam Makeba, Suid-Afrikaanse musieklegende († 2008).
- 4 Maart – Jackie Mekler, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton († 2019).
- 15 Maart – Alan Bean, Amerikaanse ruimtevaarder († 2018).
- 16 Maart – Walter Cunningham, Amerikaanse ruimtevaarder († 2023).
- 23 Maart – Steve Mokone, voormalige Suid-Afrikaanse sokkerspeler († 2015).
- 4 April – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur († 1986).
- 4 April – Anthony Perkins, Amerikaanse akteur († 1992).
- 10 April – Omar Sharif, Egiptiese akteur († 2015).
- 11 April – Joel Grey, Amerikaanse sanger, akteur.
- 21 April – Ronnie Belcher, Afrikaanse digter en lektor († 2006).
- 25 April – Frene Ginwala, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (oudspeaker van die Nasionale Vergadering) († 2023).
- 27 April – Pik Botha, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Buitelandse Sake († 2018).
- 27 April – Enzo Mari, Italiaanse modernistiese kunstenaar († 2020).
- 28 Mei – Chiquito de la Calzada, Spaanse akteur, komediant en sanger († 2017).
- 1 Junie – Jim Janssen van Raaij, Nederlandse politikus († 2010).
- 11 Junie – Athol Fugard, Suid-Afrikaanse dramaturg, akteur en regisseur.
- 12 Junie – Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse koloratuursopraan.
- 12 Junie – Patrick Mynhardt, Suid-Afrikaanse akteur († 2007).
- 16 Junie – Santie Grosskopf, Afrikaanse skryfster.
- 18 Junie – Louis Luyt, Suid-Afrikaanse besigheidsman, sportadministrateur († 2013).
- 18 Junie – Cliff Harrington, Amerikaanse akteur, kinematograaf († 2013).
- 21 Junie – Gert Basson, Afrikaanse skrywer en joernalis.
- 28 Junie – Pat Morita, Amerikaanse akteur († 2005)
- 9 Julie – John Anthony West, Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids († 2018).
- 9 Julie – Donald Rumsfeld, Amerikaanse politikus en sakeman († 2021).
- 11 Julie – Hans van Manen, Nederlandse balletdanser en choreograaf.
- 14 Julie – Jan Breytenbach, Suid-Afrikaanse stigter van 32-Bataljon sowel as 44 Valskermbrigade.
- 25 Julie – Paul J. Weitz, Amerikaanse vlootkaptein, toetsvlieënier, lugvaartingenieur en Nasa-ruimtevaarder († 2017).
- 31 Julie – Sam Coppola, Amerikaanse akteur († 2012).
- 2 Augustus – Peter O'Toole, Ierse akteur en bekend geraak as Lawrence of Arabia († 2013).
- 5 Augustus – Ja'Net DuBois, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 12 Augustus – Alwyn du Plessis, predikant in vyf gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 2021).
- 22 Augustus – Gerald P. Carr, Amerikaanse ingenieur, kolonel en ruimtevaarder († 2020).
- 23 Augustus – Houari Boumediène, rewolusionêr en tweede President van Algerië († 1978).
- 17 September – Jurgens Lambrechts, deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme († 2005).
- 22 September – Algirdas Brazauskas, Litause politikus en staatsman, President van Litaue († 2010).
- 26 September – Manmohan Singh, Indiese ekonoom en politikus, 13de Eerste Minister van Indië.
- 12 Oktober – Dick Gregory, Amerikaanse akteur en skrywer(† 2017).
- 19 Oktober – Robert Reed, Amerikaanse akteur, The Brady Bunch († 1992).
- 21 Oktober – Ron Hickman, Suid-Afrikaansgebore, Jersey-gebaseerde motorontwerper en uitvinder († 2011).
- 27 Oktober – Sylvia Plath, Amerikaanse digter, romanskrywer, en kortverhaalskrywer († 1963).
- 2 November – Albert Crafford, Afrikaanse skrywer en joernalis († 2001).
- 29 November – Jacques Chirac, Franse staatsman, President van Frankryk († 2019).
- 5 Desember – Ray Austin, Engelse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2023).
- 5 Desember – Little Richard, Amerikaanse sanger († 2020).
- 7 Desember – Ellen Burstyn, Amerikaanse aktrise.
- 9 Desember – Donald Byrd, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek († 2013).
- 14 Desember – George Furth, Amerikaanse akteur († 2008).
- 28 Desember – Nichelle Nichols, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2022).
- 29 Desember – Inga Swenson, Amerikaanse aktrise († 2023).
- 31 Desember – Johannes Petrus Louw, Suid-Afrikaanse vertaler en akademikus († 2011).
Sterftes
wysig- Onbekend – Judd Green, Engelse akteur (* 1866).
- Onbekend – Henry Charles Hull, Suid-Afrikaanse kabinetsminister (* 1860).
- 10 Februarie – Edgar Wallace, Engelse skrywer (* 1875).
- 14 Maart – George Eastman, Amerikaanse uitvinder (* 1854).
- 4 April – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof (* 1853).
- 9 Junie – Ds. Taetse Hamersma, Nederlandsgebore predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. († 1932).
- 16 Junie – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater. (* 1860).
- 19 Junie – Sol Plaatje, Suid-Afrikaanse taalkenner, skrywer, joernalis en politikus (* 1876).
- 15 Julie – C.J. Langenhoven, Afrikaanse skrywer, digter en politikus (* 1873).
- 22 Julie – Reginald Fessenden, die eerste persoon wat mensestemme deur radiogolwe oorgedra het (* 1866).
- 25 Julie – Cyriel Buysse, Vlaamse naturalistiese skrywer en dramaturg (* 1859).
- 9 Augustus – G.R. von Wielligh, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1859)
- 14 September – Jean Cras, Bretonse komponis en vlootoffisier. (* 1879).
- 19 Oktober – Arthur Friedheim, Duits-Russiese pianis en komponis (* 1859).
- 30 Oktober – Paul Methuen, Britse krygsman (* 1845).
- 8 November – Maksimilian Wolosjin, Russies-Oekraïense digter en landskapskilder (* 1877).
- 4 Desember – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer (* 1868).
- 30 Desember – Daisy de Melcker, multi-moordenares word gehang (* 1886).