1928
jaar
1928 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1923 | 1924 | 1925 | 1926 | 1927 | ◄ 1928 ► | 1929 | 1930 | 1931 | 1932 | 1933 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1928 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
'n Model A-Ford uit 1928 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1928 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 28ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- Stigting van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalkorporasie (Yskor).
- Stigting van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad (SAGTR).
- 11-19 Februarie – Die tweede Olimpiese Winterspele word in St. Moritz, Switserland, aangebied.
- 6 Julie – Die eerste vollengte film met spraak Lights of New York gaan in première in New York Stad.
- 28 Julie–12 Augustus – Die negende Olimpiese Somerspele word in Amsterdam, Nederland, aangebied.
- Ludwig von Bertalanffy, 'n Hongaarse bioloog stel die algemene stelselteorie voor as alternatiewe wetenskaplike benadering.
Geboortes
wysig- onbekende dag – Dick Findlay, Suid-Afrikaanse kunstenaar en dramaturg († 1996).
- onbekende dag – Hendrik Hanekom Smit, Suid-Afrikaanse politikus († 2012).
- 5 Januarie – Walter Mondale, 42ste Amerikaanse visepresident († 2021).
- 9 Januarie – Judith Krantz, Amerikaanse romanskrywer († 2019).
- 16 Januarie – Dirk Mudge, Namibiese boer en politikus († 2020).
- 16 Januarie – Pilar Lorengar, Spaanse sopraan-operasanger († 1996).
- 20 Januarie – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog († 1997).
- 28 Januarie – Vic Toweel, Suid-Afrikaanse bokser († 2008).
- 26 Februarie – Ariel Sharon, Israeliese politikus († 2014).
- 28 Februarie – Tommie Meyer, Suid-Afrikaanse rolprentregisseur en -vervaardiger († 2017).
- 7 Maart– Kay de Villiers, Suid-Afrikaanse neurochirurg († 2018).
- 12 Maart – Edward Albee, Amerikaanse dramaturg († 2016).
- 14 Maart – Frank Borman, Amerikaanse Apollo-ruimtevaarder († 2023).
- 19 Maart – Clive van Ryneveld, Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier († 2018).
- 25 Maart – Jim Lovell, ruimtevaarder en bevelvoerder van Apollo 13.
- 27 Maart – Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus († 2005).
- 28 Maart – Zbigniew Brzeziński, Pools-Amerikaanse politieke wetenskaplike. († 2017).
- 2 April – Serge Gainsbourg, Franse digter, sanger, komponis, akteur, regisseur en skilder († 1991).
- 2 April – Dolly Rathebe, Suid-Afrikaanse aktrise en sangeres. († 2004).
- 4 April – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter († 2014).
- 8 April – Eric Porter, Engelse akteur († 1995).
- 23 April – Doc Immelman, Suid-Afrikaanse skrywer († 2013).
- 23 April – Shirley Temple, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 4 Mei – Hosni Mubarak, oud-Egiptiese president († 2020).
- 4 Mei – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die Italiaanse Grand Prix († 1961).
- 12 Mei – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer († 2023).
- 14 Mei – Madeleine van Biljon, skryfster en joernalis († 2010).
- 21 Mei – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger († 1988).
- 27 Mei – Johan Heyns, Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator v.d. algemene sinode v.d. NG Kerk († 1994).
- 6 Junie – Leonard Reitstein, Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer († 2019).
- 14 Junie – Che Guevara, Suid-Amerikaanse vryheidstryder († 1967).
- 25 Junie – Seki Matsunaga, Japannese sokkerspeler († 2013).
- 30 Junie – Louis Karol, Suid-Afrikaanse argitek van wolkekrabbers.
- 18 Julie – Rob Wout alias Opland, Nederlandse politieke tekenaar († 2001).
- 26 Julie – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf († 1999).
- 6 Augustus – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar († 1987).
- 7 Augustus – James Randi, Amerikaanse kulkunstenaar en wetenskaplike skeptikus († 2020).
- 16 Augustus – Louis le Grange, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister en Nasionale Party-lid († 1991).
- 27 Augustus – Mangosuthu Buthelezi, politikus, stigter en leier van die Inkatha-Vryheidsparty. († 2023).
- 31 Augustus – James Coburn, Amerikaanse akteur († 2002).
- 14 September – Humberto Maturana, Chileense bioloog en filosoof († 2021).
- 19 September – Adam West, Amerikaanse akteur († 2017).
- 23 September – Fanus Rautenbach, radioömroeper, skrywer en mediapersoonlikheid († 2011).
- 30 September – Elie Wiesel, Roemeens-gebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprys ontvanger en Holocaust oorlewende († 2016).
- 4 Oktober – Alvin Toffler, Amerikaanse futuris, joernalis en skrywer († 2016).
- 10 Oktober – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom († 2017).
- 11 Oktober – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus († 1999).
- 20 Oktober – Li Peng, Chinese politikus, bekend as die 'Slagter van Beijing' vir sy rol in die Tiananmen-plein bloedbad († 2019).
- 25 Oktober – Eddie Daniels, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis († 2017).
- 27 Oktober – Gilles Vigneault, Franko-Kanadese digter, verhaal- en liedjieskrywer en sanger.
- 2 November – Paul Johnson, Engelse skrywer, joernalis en geskiedkundige († 2023).
- 10 November – Norma Crane, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 10 November – Ennio Morricone, Italiaanse komponis, orkestrator, orkesdirigent en trompetspeler († 2020).
- 17 November – Rance Howard, Amerikaanse akteur († 2017).
- 7 Desember – Noam Chomsky, Amerikaanse filosoof.
- 13 Desember – Jack Tramiel, Pools-Amerikaanse entrepreneur († 2012).
- 15 Desember – Friedensreich Hundertwasser, Oostenrykse skilder, grafikus en omgewingsaktivis († 2000).
Sterftes
wysig- 11 Januarie – Thomas Hardy, Engelse skrywer en digter (* 1840).
- 15 Februarie – Herbert Henry Asquith, liberale Britse politikus en eerste minister (* 1852)
- 18 Maart – Paul van Ostaijen, Vlaamse digter (* 1896).
- 9 Junie – Abraham Kriel, Suid-Afrikaanse predikant en stigter van die Langlaagte-kinderhuis (* 1850)
- 18 Junie – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger (* 16 Julie 1872)
- 13 Oktober – Prinses Dagmar van Denemarke, Deense prinses en later keiserin Maria Fjodorowna van Rusland (* 1847)
- 19 November – Johannes Baptist Hoffman, Duitse Jesuïete linguis en sendeling tot die Munda-mense in Indië (* 1857).