Thomas Hardy
Thomas Hardy
Engelse skrywer en digter
Gebore
2 Junie 1840
in Stinsford, Dorchester, Dorset,
Engeland
Oorlede
11 Januarie 1928
in Dorchester, Dorset
Engeland
Literêre stroming
Naturalisme, Romantiek,
Victoriaanse literatuur
Bekende werke
Tess of the d'Urbervilles
Far from the Madding Crowd
Collected Poems
Jude the Obscure
Eggenote
Emma Lavinia Gifford (1874-1912)
Florence Dugdale (1914-1928)
Handtekening
Thomas Hardy (* 2 Junie 1840, † 11 Januarie 1928) was 'n Engelse skrywer en digter. Thomas Hardy is op 2 Junie 1840 in Upper Bockhampton by Stinsford in Dorset, Engeland, gebore. Hy het in 1856 met sy praktiese opleiding as argitek begin en is in 1863 bekroon met 'n argiteksprys. In 1865 het hy gedigte begin skryf, maar dit nie laat publiseer nie. Kort daarna het hy besluit om eerder 'n romanskrywer te word. Tussen 1872 en 1896 het sewentien prosawerke van hom verskyn. Hy het dit self in drie groepe ingedeel, te wete:
- romans oor karakter en milieu (novels of character and environment);
- romantiese en fantasie-romans (romances and fantasies); en
- romans vol verwikkelinge (novels of ingenuity).
As Victoriaanse realis het hy in die tradisie van George Eliot gestaan, en sy romans en digkuns toon invloede van romantiese digters soos William Wordsworth. Hardy het net soos Charles Dickens felle kritiek op baie aspekte van die Victoriaanse samelewing gelewer, alhoewel sy kritiek op maatskaplike toestande op die platteland gefokus het.
Alhoewel Hardy sy lewe lank liriese werke geskryf en homself veral as 'n digter beskou het, is sy eerste digbundel eers in 1898 gepubliseer. So het hy aanvanklik bekendheid met sy romans verwerf, waaronder Far from the Madding Crowd (1874), The Mayor of Casterbridge (1886), Tess of the d'Urbervilles (1891) en Jude the Obscure (1895). Vanaf die 1950's is Hardy as 'n beduidende digter gewaardeer wat in die vyftiger- en sestigerjare van die 20ste eeu groot invloed op die digters van die sogenaamde Movement uitgeoefen het, waaronder Philip Larkin.
Hardy kon die Christelike geloof nooit aanvaar nie. Vir hom was alles en almal onderworpe aan die noodlot. Volgens hom is 'n mens se lewe op aarde 'n voortdurende stryd tussen sy eie ambisies en die kragte van die natuur buite hom. Eenvoudige mense wat na aan die natuur leef en min verwag, blyk vir hom die gelukkigste te wees. In al sy romans speel die hoofkarakters se hartstogte 'n groot rol. Uit teleurstelling oor die geskokte reaksie op sy laaste roman, Jude the obscure, het Hardy besluit om die romanskrywery te laat vaar en eerder weer te dig.
Tussen 1898 en sy dood in 1928 het hy altesame sewe digbundels die lig laat sien. Ook in sy gedigte het Hardy hom verset teen maklike oplossings en goedkoop sentiment. Sy gedigte loop selde vloeiend, maar is soms juis om die rede bale ekspressief en indringend. Benewens gedigte en romans het Hardy ook die driedelige epiese drama The dynasts (1904, 1906, 1908) oor die Napoleontiese tyd in blanke (rymlose) verse geskryf.
Die meeste van sy fiksionele werke, wat aanvanklik as vervolgreekse in tydskrifte gepubliseer is, speel in die half-fiksionele streek Wessex af en ondersoek tragiese romanhelde wat met hul passies en maatskaplike omstandighede worstel. Hardy se Wessex is gebaseer op die gelyknamige Middeleeuse Angelsaksiese koninkryk en sluit graafskappe in Suidwes- en suidelike Sentraal-Engeland in, soos Dorset, Wiltshire, Somerset, Devon, Hampshire en groot dele van Berkshire.
Werke
wysigProsa
wysigIn 1912 het Hardy sy romans en versamelde kortverhale in drie klasse verdeel:[1]
Romans oor karakter en omgewing
wysig- The Poor Man and the Lady (1867, ongepubliseer en verlore)
- Under the Greenwood Tree: A Rural Painting of the Dutch School (1872)
- Far from the Madding Crowd (1874)
- The Return of the Native (1878)
- The Mayor of Casterbridge: The Life and Death of a Man of Character (1886)
- The Woodlanders (1887)
- Wessex Tales (1888, 'n bundel kortverhale)
- Tess of the d'Urbervilles: A Pure Woman Faithfully Presented (1891)
- Life's Little Ironies (1894, 'n bundel kortverhale)
- Jude the Obscure (1895)
Romanse en fantasieë
wysig- A Pair of Blue Eyes: A Novel (1873)
- The Trumpet-Major (1880)
- Two on a Tower: A Romance (1882)
- A Group of Noble Dames (1891, 'n bundel kortverhale)
- The Well-Beloved: A Sketch of a Temperament (1897) (aanvanklik as reeks gepubliseer vanaf 1892)
Romans van vindingrykheid en vernuf
wysig- Desperate Remedies: A Novel (1871)
- The Hand of Ethelberta: A Comedy in Chapters (1876)
- A Laodicean: A Story of To-day (1881)
Ander
wysigHardy het ook korter verhale van mindere belang geskryf; een verhaal, The Spectre of the Real (1894), is geskryf in samewerking met Florence Henniker.[2] 'n Bykomende kortverhaalbundel, buiten dié wat hierbo genoem is, is A Changed Man and Other Tales (1913). Sy werke is gebundel in die 24-volume Wessex-uitgawe (1912–13) en die 37-volume Mellstock-uitgawe (1919–20). Sy grootliks selfgeskrewe biografie verskyn onder sy tweede vrou se naam in twee volumes van 1928 tot 1930, as The Early Life of Thomas Hardy, 1840–91 en The Later Years of Thomas Hardy, 1892-1928, later gepubliseer in 'n kritiese een-volume uitgawe as The Life and Work of Thomas Hardy, geredigeer deur Michael Millgate (1984).
Kortverhale
wysig(met datum van eerste publikasie)
- "How I Built Myself a House" (1865)
- "Destiny and a Blue Cloak" (1874)
- "The Thieves Who Couldn't Stop Sneezing" (1877)
- "The Duchess of Hamptonshire" (1878) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "The Distracted Preacher" (1879) (gebundel in Wessex Tales)
- "Fellow-Townsmen" (1880) (gebundel in Wessex Tales)
- "The Honourable Laura" (1881) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "What the Shepherd Saw" (1881) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "A Tradition of Eighteen Hundred and Four" (1882) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The Three Strangers" (1883) (gebundel in Wessex Tales)
- "The Romantic Adventures of a Milkmaid" (1883) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "Interlopers at the Knap" (1884) (gebundel in Wessex Tales)
- "A Mere Interlude" (1885) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "A Tryst at an Ancient Earthwork" (1885) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "Alicia's Diary" (1887) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "The Waiting Supper" (1887–88) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "The Withered Arm" (1888) (gebundel in Wessex Tales)
- "A Tragedy of Two Ambitions" (1888) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The First Countess of Wessex" (1889) (gebunel in A Group of Noble Dames)
- "Anna, Lady Baxby" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "The Lady Icenway" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "Lady Mottisfont" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "The Lady Penelope" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "The Marchioness of Stonehenge" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "Squire Petrick's Lady" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "Barbara of the House of Grebe" (1890) (gebundel in A Group of Noble Dames)
- "The Melancholy Hussar of The German Legion" (1890) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Absent-Mindedness in a Parish Choir" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The Winters and the Palmleys" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "For Conscience' Sake" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Incident in the Life of Mr. George Crookhill" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The Doctor's Legend" (1891)
- "Andrey Satchel and the Parson and Clerk" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The History of the Hardcomes" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Netty Sargent's Copyhold" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "On the Western Circuit" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "A Few Crusted Characters: Introduction" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The Superstitious Man's Story" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Tony Kytes, the Arch-Deceiver" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "To Please His Wife" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "The Son's Veto" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Old Andrey's Experience as a Musician" (1891) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "Our Exploits At West Poley" (1892–93)
- "Master John Horseleigh, Knight" (1893) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "The Fiddler of the Reels" (1893) (gebundel in Life's Little Ironies)
- "An Imaginative Woman" (1894) (gebundel in Wessex Tales, 1896-uitgawe)
- "The Spectre of the Real" (1894)
- "A Committee-Man of 'The Terror'" (1896) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "The Duke's Reappearance" (1896) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "The Grave by the Handpost" (1897) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "A Changed Man" (1900) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "Enter a Dragoon" (1900) (gebundel in A Changed Man and Other Stories)
- "Blue Jimmy: The Horse Stealer" (1911)
- "Old Mrs. Chundle" (1929)
- "The Unconquerable"(1992)
Poësiebundels
wysig- Wessex Poems and Other Verses (1898)
- Poems of the Past and the Present (1901)
- Time's Laughingstocks and Other Verses (1909)
- Satires of Circumstance (1914)
- Moments of Vision (1917)
- Collected Poems (1919)
- Late Lyrics and Earlier with Many Other Verses (1922)
- Human Shows, Far Phantasies, Songs and Trifles (1925)
- Winter Words in Various Moods and Metres (1928)
- The Complete Poems (Macmillan, 1976)
- Selected Poems (Geredigeer deur Harry Thomas, Penguin, 1993)
- Hardy: Poems (Everyman's Library Pocket Poets, 1995)
- Thomas Hardy: Selected Poetry and Nonfictional Prose (St. Martin's Press, 1996)
- Selected Poems (Geredigeer deur Robert Mezey, Penguin, 1998)
- Thomas Hardy: The Complete Poems (Geredigeer deur James Gibson, Palgrave, 2001)
Gedigte aanlyn: Gedigte deur Thomas Hardy[3] by Poetry Foundation en Gedigte deur Thomas Hardy by poemhunter.com[4]
Drama
wysig- The Dynasts: An Epic-Drama of the War with Napoleon (versdrama)
- The Dynasts, Part 1 (1904)
- The Dynasts, Part 2 (1906)
- The Dynasts, Part 3 (1908)
- The Famous Tragedy of the Queen of Cornwall at Tintagel in Lyonnesse (1923) (eenbedryf stuk)
Sien ook
wysig- Egdon Heath is 'n fiktiewe streek in Thomas Hardy se Wessex.
Verwysings
wysig- ↑ Gilmore, Dehn (2014). The Victorian Novel and the Space of Art: Fictional Form on Display. Drukpers van die Universiteit van Cambridge. p. 207.
- ↑ Purdy, Richard (Oktober 1944). "Thomas Hardy And Florence Henniker: The Writing Of "The Spectre of the Real". Colby Library Quarterly. 1 (8): 122–6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2014. Besoek op 7 September 2013.
- ↑ Axelrod, Jeremy. "Thomas Hardy". The Poetry Foundation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2010. Besoek op 19 Mei 2014.
- ↑ “Thomas Hardy poems” Geargiveer 22 Junie 2010 op Wayback Machine.
Bronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409508 band
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thomas Hardy.
- On England’s Coast, Thomas Hardy Made His World. In: New York Times, 8 Mei 2015. Besoek op 5 Maart 2017