7 Maart
datum
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
7 Maart is die 66ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (67ste in skrikkeljare). Daar volg nog 299 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 161 – Marcus Aurelius en Lucius Verus volg Antoninus Pius op om mede-keisers van die Romeinse Ryk te word.
- 1667 – Pous Alexander VII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Louis de Vendôme.
- 1859 – Die dorp Jacobsdal word in die Vrystaat gestig.
- 1876 – Alexander Graham Bell word 'n patent toegeken vir 'n uitvinding wat hy die "telefoon" noem.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Poplar Grove vind langs die Modderrivier plaas.
- 1902 – Tweede Vryheidsoorlog: Boere, onder leiding van Koos de la Rey, veroorsaak die grootste nederlaag op die Britse Ryk sedert die begin van die oorlog, by die Slag van Tweebosch.
- 1926 – Die eerste suksesvolle trans-Atlantiese radio-telefoongesprek vind plaas tussen New York en Londen.
- 1936 – Duitsland herbeset die gedemilitariseerde Rynland, en verbreek daarmee die Verdrag van Versailles en die Locarno Verdrae wat na die Eerste Wêreldoorlog onderteken is.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse Leër steek die Ryn-rivier oor by Remagen.
- 1950 – Die Sowjetunie reik ’n verklaring uit wat ontken dat die Duitse kernfisikus Klaus Fuchs as ’n Sowjet spioen gedien het.
- 1965 – Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag.
- 2004 – Die Zimbabwiese polisie arresteer, Simon Mann, 'n voormalige Special Air Service (SAS) offisier en 64 voormalige 32-Bataljon soldate, gewerf in Suid-Afrika by Harare-lughawe. Hulle het beplan om 'n staatgreep in Ekwatoriaal-Guinee uit te voer.
- 2016 – Die motorvervaardiger BMW vier sy honderdste verjaarsdag.
- 2024 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Swede as 32ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.
Geboortes
wysig- 1693 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII), 248ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1769).
- 1785 – Alessandro Manzoni, Italiaanse romansier en digter († 1873).
- 1792 – John Herschel, Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder († 1871).
- 1872 – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder († 1944).
- 1875 – Maurice Ravel, Franse komponis († 1937).
- 1917 – W.A. de Klerk, Suid-Afrikaanse skrywer en dramaturg († 1996).
- 1926 – Johan Degenaar, Suid-Afrikaanse filosoof en teoloog († 2015).
- 1927 – James Broderick, Amerikaanse akteur († 1982).
- 1939 – Paul Winfield, Amerikaanse akteur († 2004).
- 1928 – Kay de Villiers, Suid-Afrikaanse neurochirurg († 2018).
- 1942 – Tammy Faye Messner, Amerikaanse aktrise († 2007).
- 1947 – Walter Röhrl, Duitse tydren- en motorrenkampioen.
- 1950 – Jackie Selebi, Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris († 2015).
- 1956 – Bryan Cranston, Amerikaanse akteur.
- 1959 – Donna Murphy, Amerikaanse aktrise.
- 1963 – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige († 1989).
- 1964 – Bret Easton Ellis, Amerikaanse outeur en skrywer.
- 1971 – Peter Sarsgaard, Amerikaanse akteur.
- 1974 – Jenna Fischer, Amerikaanse aktrise.
- 1980 – Laura Prepon, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
wysig- 161 – Keiser Antoninus Pius (* 86).
- 1724 – Pous Innocentius XIII, die 244ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1655).
- 1786 – Franz Benda, violis en komponis van Boheme (* 1709).
- 1878 – Alfred Donné, Franse bakterioloog, dokter en bekend vir die ontdekking van trichomonas vaginalis en leukemie; ook die uitvinder van die fotoëlektriese mikroskoop (* 1801).
- 1973 – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein (* 1897).
- 1981 – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent (* 1914).
- 1990 – Koos Strauss, Suid-Afrikaanse politikus (* 1900).
- 1999 – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer en kinematograaf (* 1928).
- 2013 – Dirk Coetzee, medestigter en bevelvoerder van die polisieteeninsurgensie-eenheid te Vlakplaas (* 1945).
- 2013 – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke (* 1915).
- 2023 – Lisa Janti, Amerikaanse aktrise (* 1933).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig- Onderwysersdag in Albanië
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 7 Maart.