13 Maart
datum
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
13 Maart is die 72ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (73ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 293 dae in die jaar.
Gebeure
wysig- 483 – Pous Felix III volg Pous Simplicius op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 874 – Die beendere van Sint Nicephorus word in Konstantinopel begrawe.
- 1406 – Pous Innocentius VII keer terug na Rome na sy vlug na Viterbo.
- 1521 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word biskop van Pavia.
- 1547 – Laaste sitting van die konsilie van Trente se eerste sessie.
- 1560 – Niccolò Sfondrati (later Pous Gregorius XIV) word biskop van Cremona.
- 1625 – Pous Urbanus VIII publiseer sy konstitusie Sanctissimus Dominus Noster.
- 1781 – William Herschel ontdek die planeet Uranus.
- 1826 – Pous Leo XII stel Jean-Baptist-Marie-Anne-Antoine de Latil, aartsbiskop van Reims en Francisco Javier de Cienfuegos y Jovellanos, aartsbiskop van Sevilla aan as kardinale.
- 1826 – Pous Leo XII publiseer die Quo Graviora teen geheime organisasies.
- 1881 – Tsaar Alexander II van Rusland sterf in 'n sluipmoord in 'n Nihilistiese komplot deur Ignacy Hryniewiecki.
- 1888 – De Beers Consolidated Mines word gestig.
- 1898 – Pous Leo XIII verklaar Pous Innocentius V salig.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Kroonstad word die hoofstad van die Oranje-Vrystaat tot 11 Mei 1900.
- 1954 – Viet Minh magte onder Vo Nguyen Giap stuur 'n reuse artillerieaanval op die Franse leër van stapel om die Slag van Dien Bien Phu, die finale slag in die Eerste Indo-Chinaoorlog, te begin.
- 1966 – Unita word in Angola gestig om teenstand te bied teen die Portugese koloniale bewind.
- 1967 – Die Rietbok, 'n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, verdwyn.
- 2007 – Die negende Krieketwêreldbeker begin in Wes-Indië.
- 2013 – Pous Franciscus I volg Pous Benedictus XVI op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Geboortes
wysig- 1372 – Lodewyk van Valois, Hertog van Orléans († 1407).
- 1615 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII), die 242ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1700).
- 1781 – Karl Friedrich Schinkel, Pruisiese argitek, stadsbeplanner, skilder, grafiese kunstenaar en dekorontwerper († 1841).
- 1825 – Benjamin Woolfield Mountfort, Nieu-Seelandse argitek († 1898).
- 1911 – L. Ron Hubbard Amerikaanse wetenskapfiksieskrywer en stigter van die Kerk van Sciëntologie († 1986).
- 1935 – Chris Stals, Voormalige Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
- 1960 – Joe Ranft, Amerikaanse skrywer, animeerder en akteur († 2005).
- 1976 – Danny Masterson, 'n Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 1881 – Aleksander II van Rusland, tsaar van Rusland (* 1818)
- 1901 – Benjamin Harrison, die drie-en-twintigste President van die Verenigde State (* 1833).
- 1903 – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar (* 1814).
- 1915 – Sergei Witte, staatsman in tsaristiese Rusland (* 1849).
- 1987 – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer (* 1909).
- 1991 – Taubie Kushlick, ’n Suid-Afrikaanse verhoogaktrise, -regisseur en -produksieleier (* 1910).
- 2004 – Dullah Omar, 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en minister (* 1934).
- 2016 – Hilary Putnam, Amerikaanse filosoof (* 1926).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 13 March. |