1987
jaar
1987 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1982 | 1983 | 1984 | 1985 | 1986 | ◄ 1987 ► | 1988 | 1989 | 1990 | 1991 | 1992 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1987 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Uys_Krige | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1987 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 87ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 12 Januarie – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur, begin sy ampstermyn in Nederland.
- 6 Maart – 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal.
- 19 April – The Simpsons word vir die eerste keer uitgesaai op The Tracey Ullman Show.
- 11 Mei – Klaus Barbie word in Lyon vir oorlogsmisdade wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is, verhoor.
- 17 Mei – Iran-Irakse Oorlog: Die USS Stark (FFG-31) word getref deur 'n missiel van 'n Irakse Mirage-vliegtuig. Van die bemanning sterf 37 en 21 word gewond.
- 20 Mei – Vier polisiemanne sterf en talle mense word beseer nadat twee motorbomme buite die Johannesburgse Landdroshof ontplof het.
- 21 Mei – Die ANC ontken, net soos die PAC, enige verantwoordelikheid vir die motorbomontploffings in Johannesburg.
- 22 Mei–20 Junie – Die 1ste Rugbywêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied en deur Nieu-Seeland gewen.
- 22 Julie – Die eerste onderneming in swart besit, "Lebowa Bakkerye", word op die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) genoteer.
- 30 Augustus – Stefka Kostadinova spring die wêreldrekordhoogte vir vroue van 2.09 meter in Rome.
- 31 Augustus – 62 mynwerkers sterf in 'n ontploffing in die Sint Helena-goudmyn naby Welkom in die Vrystaat.
- 10 September – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog.
- 8 Oktober–8 November – Die 4de Krieketwêreldbeker word in Indië en Pakistan aangebied en deur Australië gewen.
- 5 November – Apartheid: Govan Mbeki word vrygelaat nadat hy 24 jaar op Robbeneilandgevangenis deurgebring het. Hy is voorheen lewenslange tronkstraf opgelê vir hoogverraad.
- 27 November – Die Helderberg, 'n Boeing 747-makrostraler van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, stort naby die eiland Mauritius in die see nadat 'n brand in sy vragruim uitgebreek het. 159 passasiers en bemanningslede sterf in die ramp.
- 30 November – In die Transkei lei generaalmajoor Bantu Holomisa, hoof van die Transkeise Weermag, 'n bloedlose staatsgreep teen die Transkeise regering van Eerste Minister Stella Sigcau. Hy vorm 'n militêre regering wat die tuisland onder hom regeer.
- 22 Desember – Robert Mugabe word President van Zimbabwe, nadat hy sedert 1980 die Eerste Minister van Zimbabwe was.
- Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe word deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) genooi om aan die eerste rugbywêreldbekertoernooi deel te neem wat gepaard gaan met volle lidmaatskaap.
Geboortes
wysig- 12 Januarie – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 22 Februarie – Dewald Potgieter, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 28 Februarie – Bongani Baloyi, Suid-Afrikaanse politikus.
- 6 Maart – Bobby van Jaarsveld, Afrikaanse sanger en akteur.
- 6 April – Diaan Lawrenson, Suid-Afrikaanse aktrise, rol van Paula gespeel in 7de Laan.
- 6 April – Jesse McCartney, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, komponis, en akteur.
- 19 April – Maria Sharapova, Russiese tennisster.
- 29 April – Mark Stanley, Engelse akteur.
- 30 April – Rohit Sharma, Indiese krieketspeler.
- 2 Mei – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise († 2011).
- 24 Junie – Lionel Messi, Argentynse sokkerspeler, FIFA-wêreldbekerkampioen in 2022.
- 3 Julie – Sebastian Vettel, Duitse Formule Een-renjaer, viermalige wêreldkampioen.
- 5 Julie – Irvette van Zyl, Suid-Afrikaanse langafstandatleet en wêreldkampioen oor 50 km.
- 8 Julie – Cintaine Schutte, Suid-Afrikaanse aktrise en vervaardiger.
- 17 Julie – Meghan Camarena, Amerikaanse aktrise en regisseuse.
- 27 Julie – Thamsanqa Gabuza, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 30 Julie – Georgia Chara, Australiese aktrise.
- 19 Augustus – Nico Hülkenberg, Duitse Formule Een-renjaer.
- 25 Augustus – Blake Lively, Amerikaanse aktrise.
- 16 September – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfiets-kampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen († 2013).
- 24 September – Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van Bafana-Bafana en Orlando Pirates († 2014).
- 3 Oktober – Cleo von Adelsheim, Duitse tv-aktrise.
- 17 Oktober – Andriëtte Norman, Afrikaanse sangeres.
- 21 Oktober – Sophie Willan, Britse aktrise, verteller, skrywer en komediant.
- 7 Desember – Aaron Carter, Amerikaanse akteur, kletsrymer en sanger († 2022).
Sterftes
wysig- 2 Februarie – Alistair Stuart MacLean, Skotse skrywer van populêre rillers en avontuurverhale (* 1922)
- 22 Februarie – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar (* 1928).
- 9 Maart – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris (* 1903).
- 9 Maart – Bobby Locke, Suid-Afrikaanse gholfspeler (* 1917).
- 13 Maart – Bernhard Grzimek, Duitse outeur en dierebeskermer (* 1909).
- 11 April – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur (* 1919).
- 10 Mei – Dalida, Franse sangeres en aktrise (* 1933).
- 10 Mei – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans (* 1898).
- 14 Mei – Rita Hayworth, Amerikaanse rolprentaktrise en danseres (* 1918).
- 22 Junie – Fred Astaire, Amerikaanse danser, akteur (* 1899).
- 10 Augustus – Uys Krige, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1910).
- 17 Augustus – Rudolf Hess, Nazi-leier (* 1894).
- 29 September – Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy (* 1917).
- 3 Oktober – Jean Anouilh, Franse dramaturg (* 1910).
- 15 Oktober – Thomas Sankara, rewolusionêre president van Burkina Faso vanaf 1983 tot 1987 (* 1949).