1977
jaar
1977 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1972 | 1973 | 1974 | 1975 | 1976 | ◄ 1977 ► | 1978 | 1979 | 1980 | 1981 | 1982 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1977 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Deng Xiaoping en Jimmy Carter | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1977 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 5-9 Februarie – Tropiese sikloon Emilie veroorsaak swaar reen en oorstromings in Natal en Oos-Transvaal, ten minste 10 mense sterf in Zoeloeland.
- 8 Februarie – Sewe Rooms-Katolieke sendelinge word vermoor by die Musami-sendingstasie in Rhodesië.
- 27 April – Die Suid-Afrikaanse regering begin onderhandelinge met die Westerse Kontakgroep van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die politieke toekoms van Suidwes-Afrika/Namibië.
- 30 April – Prof Hennie Bingle tree af as rektor van die PU vir CHO en word opgevolg deur Prof. Tjaart van der Walt.
- 21 Junie – Die Israelse Begin-kabinet onder leiding van eerste minister Menachem Begin word geïnstalleer.
- 26 Junie – Elvis Presley hou sy laaste konsert.
- 27 Junie – Frankryk verleen onafhanklikheid aan Djiboeti.
- 28 Junie – Die Verenigde Party van Suid-Afrika ontbind.
- 29 Junie – Die Verenigde Party en Demokratiese Party (1973) smelt saam en vorm die Nuwe Republiek Party met sir De Villiers Graaff as tussentydse leier.
- 6 Augustus – 'n Bom ontplof in Woolworths in Salisbury, Rhodesië; 11 mense sterf en 76 word beseer.
- 20 Augustus – Voyager 2 word lanseer.
- 21 Augustus – Sestien plaaswerkers word doodgeskiet deur ZANLA-kaders by die Odzanu Junction-plaas naby Umtali, Rhodesië.
- 5 September – Voyager 1, 'n onbemande ruimtetuig wat al die planete besoek, word gelanseer.
- 13 Oktober – Lufthansa vlug LH181 – ook bekend as die "Landshut", ’n Boeing 737-200 – word deur die Rote Armee Fraktion gekaap tydens ’n vlug vanaf Palma de Mallorca (Spanje) na Frankfurt am Main (Duitsland). Die kaping vorm deel van ’n reeks gebeure wat bekend staan as die Duitse Herfs.
- 23 Oktober – 'n NG Kerk dominee, Andries Brand (40) en sy vrou word vermoor deur terroriste naby Que Que in Rhodesië.
- 6 Desember – Suid-Afrika verklaar Bophuthatswana onafhanklik, maar dit word deur geen ander land as sodanig aanvaar nie.
- 17 Desember – Victoria Falls in Rhodesië word aangeval vanuit Zambië met mortiere; 8 persone beseer.
- Die Belgiese chemikus Ilya Prigogine ontvang ’n Nobelprys vir die bekendstelling van dissipatiewe stelsels en selforganisasie.
Geboortes
wysig- datum onbekend – Noxolo Maqashalala, Suid-Afrikaanse aktrise († 2021).
- 13 Januarie − Orlando Bloom, Engelse akteur en vervaardiger.
- 15 Januarie − Giorgia Meloni, Italiaanse joernalis en politikus.
- 19 Januarie – Nicole, Chileense sangeres.
- 30 Januarie − Khumbudzo Ntshavheni, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
- 2 Februarie – Shakira, Colombiaanse sangeres en aktrise.
- 14 Februarie – Jim Jefferies, Australiese komediant, akteur en skrywer.
- 11 Maart – Carina Diedericks-Hugo, Afrikaanse skrywer van jeugverhale.
- 2 April – Michael Fassbender, Iers-Duitse akteur.
- 14 April – Sarah Michelle Gellar, Amerikaanse aktrise.
- 22 April – Robbie Hunter, Suid-Afrikaanse fietsryer.
- 23 April – Kasper Andersen, Deense akteur.
- 25 April – Jeff Coetzee, Suid-Afrikaanse tennisspeler
- 3 Mei – Maryam Mirzakhani, Iranse wiskundige († 2017).
- 10 Mei – Nick Heidfeld, Duitse professionele renjaer.
- 11 Mei – Victor Matfield, Suid-Afrika se twee-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 13 Mei – Tom Cotton, junior senator vir Arkansas.
- 14 Junie – Camila Pitanga, Brasiliaanse aktrise.
- 4 Julie – Allan Kierstein Jepsen, Deense sokkerspeler.
- 27 Julie – Jonathan Rhys Meyers, Ierse akteur.
- 12 Augustus – Zanne Stapelberg, Suid-Afrikaanse operasangeres.
- 23 Augustus – Jared Fogle is 'n Amerikaanse akteur en veroordeelde kindermolesteerder.
- 6 Oktober – Carola Schouten, Nederlandse politikus.
- 11 Oktober – Hardeep Singh Nijjar, Kanadese Sikh-separatistiese leier († 2023).
- 19 Oktober – Gerrie Pretorius, bekende Afrikaanse minnesanger.
- 27 Oktober – Tessa Jubber, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 10 November – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise († 2009).
- 19 November – Mette Frederiksen, Eerste minister van Denemarke.
- 2 Desember – Marjan Šarec, Sloweense politikus, 9de eerste minister.
Sterftes
wysig- 12 Januarie – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf (* 1896).
- 29 Januarie – Freddie Prinze, Amerikaanse akteur (* 1954).
- 26 Maart – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale (* 1917).
- 8 April – Stefania Turkewich, Oekraïense komponis,pianis en musikoloog (* 1898).
- 26 April – Hennie Muller, Suid-Afrika se twee-en-twintigste Springbokkaptein (* 1922).
- 5 Mei – Ludwig Erhard, Duitse politikus, minister van ekonomie en bondskanselier van Wes-Duitsland (* 1897).
- 17 Mei – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika (* 1885).
- 30 Mei – Paul Desmond, Amerikaanse jazzmusikant (* 1924)
- 2 Julie – Gert Potgieter, Suid-Afrikaanse tenoor en akteur (* 1929).
- 2 Julie – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899)
- 21 Julie – Henry Vahl, Duitse akteur (* 1897).
- 16 Augustus – Elvis Presley, Amerikaanse sanger en ruk-en-rol-koning sterf op 42-jarige ouderdom (* 1935).
- 31 Augustus – Sid Atkinson, Suid-Afrikaanse atleet (* 1901).
- 12 September – Steve Biko, Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en stigter van die Swart bewussynsbeweging sterf in polisie-aanhouding (* 1946).
- 13 September – Leopold Stokowski, Britse dirigent (* 1882).
- 16 September – Maria Callas, Amerikaanse operasangeres (* 1923).
- 11 Oktober – Misha Black, Britse argitek en ontwerper (* 1910).
- 14 Oktober – Bing Crosby, Amerikaanse akteur en sanger (* 1903)
- 25 Desember – Charlie Chaplin, Britse akteur, skrywer en rolprentvervaardiger (* 1889).