Menachem Begin
Menachem Begin (Hebreeus: מְנַחֵם בֵּגִין), gebore as Mieczysław Biegun, (16 Augustus 1913 in Brest (Russiese Ryk) – 9 Maart 1992 in Tel Aviv) was 'n Israeliese politikus.
Menachem Begin מנחם בגין (he) | |
Menachem Begin in 1978 | |
Ampstermyn 21 Junie 1977 – 10 Oktober 1983 | |
President | Ephraim Katzir (1973–1978) Yitzhak Navon (1978–1983) Chaim Herzog (1983–1993) |
---|---|
Voorafgegaan deur | Shimon Peres (wnd.) |
Opgevolg deur | Yitzhak Shamir |
Minister van Verdediging
| |
Ampstermyn 14 Februarie 1983 – 23 Februarie 1983 | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Ariel Sharon |
Opgevolg deur | Moshe Arens |
Ampstermyn 28 Mei 1980 – 5 Augustus 1981 | |
Eerste minister | Homself |
Voorafgegaan deur | Ezer Weizman |
Opgevolg deur | Ariel Sharon |
Lid van die Knesset
| |
Ampstermyn 1949 – 1984 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Mieczysław Biegun 16 Augustus 1913 Brest, Russiese Ryk |
Sterf | 9 Maart 1992 (op 78) Tel Aviv, Israel |
Politieke party | Heroet (1948–1988) Gahal (1965–1988) Likoed (1988–1992) |
Eggenoot/-note | Aliza Arnold (1939–1982) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Universiteit van Warskou |
Religie | Judaïsme |
Handtekening | |
Lojaliteit | Pole |
Rang | Korporaal |
Oorloë/Veldslae | Tweede Wêreldoorlog |
Begin was 'n korporaal in die Poolse weermag tydens die begin van die Tweede Wêreldoorlog. In 1942 het hy na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer en in 1943 het hy die leier van die Joodse paramilitêre organisasie Irgoen geword.
Hy was die stigter van die liberale Likoed-party. Van 1977 tot 1983 was hy die sesde premier van Israel gewees.
In 1979 het hy ’n vredesooreenkoms met president Anwar Sadat van Egipte gesluit wat as die Camp David-ooreenkoms bekend is.[1] Beide Sadat en Begin het in 1978 die Nobelprys vir Vrede vir hierdie verhandelinge ontvang.[2]
Begin het daarbenewens tydelik die poste van minister van Buitelandse Sake, Justisie, Landbou en Verdediging beklee.
Hy is in 1992 aan 'n hartaanval oorlede en is op die Olyfberg begrawe.[3]
Sy seun Benny Begin (1943) is ook 'n politikus en vir die Likoed-party 'n lid van die Knesset gewees.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "The Nobel Peace Prize 1978" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
- ↑ Sedan, Gil (10 Maart 1992). "Menachem Begin is Laid to Rest in Simple Mount of Olives Ceremony". Jewish Telegraphic Agency (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2016. Besoek op 31 Desember 2014.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Menachem Begin.
- (en) Menachem Begin, webwerf van die Knesset
Voorafgegaan deur Shimon Peres (wnd.) |
Eerste Minister van Israel 1977–1983 |
Opgevolg deur Yitzhak Shamir |