1992
jaar
1992 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1987 | 1988 | 1989 | 1990 | 1991 | ◄ 1992 ► | 1993 | 1994 | 1995 | 1996 | 1997 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1992 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Suid-Afrikaanse referendum van 1992 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1992 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 92ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- 8-23 Februarie – Die 16de Olimpiese Winterspele word in Albertville, Frankryk, aangebied.
- 22 Februarie–25 Maart – Die 5de Krieketwêreldbeker word in Australië en Nieu-Seeland aangebied en deur Pakistan gewen.
- 1 Maart – Bosnië en Herzegowina verklaar sy onafhanklikheid van Joego-Slawië.
- 17 Maart – Suid-Afrikaanse referendum van 1992 vind plaas.
- 25 Maart–1 April – Die 5de Paralimpiese Winterspele word in Tignes, Frankryk, aangebied.
- 17 April – Joego-Slawië erken die onafhanklikheid van Bosnië en Herzegowina.
- 27 April – Serwië en Montenegro stig die Bondsrepubliek Joego-Slawië.
- 16 Mei – STS-49: Ruimtependeltuig Endeavour land veilig na 'n suksesvolle nooiensvlug.
- 13 Junie – Die Aardeberaad begin in Rio de Janeiro.
- 20 Junie – 'n Nuwe grondwet word van krag in Paraguay en daar kom 'n einde aan die militêre bewind van Alfredo Stroessner.
- 6 Julie – Zimbabwe word 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR).
- 23 Julie – Abchasië verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Georgië.
- 25 Julie–9 Augustus – Die 25ste Olimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 27 Augustus – Dieter Gerhardt, die oudbevelvoerder van die Simonstadse vlootbasis wat daaraan skuldig bevind is dat hy vir die Sowjetunie gespioeneer het, word na Switserland gedeporteer.
- 3–14 September – Die 9de Paralimpiese Somerspele word in Barcelona, Spanje, aangebied.
- 15–20 Oktober – Die 1ste Koning Fahd-beker word in Saoedi-Arabië aangebied en deur Argentinië gewen.
- 31 Oktober – Pous Johannes Paulus II herroep die veroordeling van Galileo Galilei.
- 21 Desember – Hongarye, Pole en die voormalige Tsjeggo-Slowakye stig die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms in Krakau, Pole.
- Suid-Afrika sluit weer as 'n volle lid by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aan.
Geboortes
wysig- 11 Februarie – Thomas Turgoose, Engelse akteur.
- 14 Februarie – Freddie Highmore, Engelse akteur en skrywer.
- 6 Maart – Samuel Bankman-Fried, Amerikaanse belegger.
- 2 April – Lizelle Lee, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 2 April – Baxolile Nodada, Suid-Afrikaanse politikus, skaduminister van Basiese Onderwys.
- 12 April – Chad le Clos, Suid-Afrikaanse swemmer en Olimpiese gouemedaljewenner.
- 22 April:
- Schalk Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse komediant.
- Rolene Strauss, 2014 se Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld.
- 26 April - Aaron Judge, Amerikaanse bofbalspeler.
- 10 Mei – Charice Pempengco (nou "Jake Zyrus"), Filippynse sanger en aktrise.
- 10 Junie – Kate Upton, Amerikaanse aktrise.
- 15 Julie – Wayde van Niekerk, Suid-Afrikaanse naelloper.
- 18 Julie – Ayabonga Khaka, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 22 Julie – Selena Gomez, Amerikaanse sangeres, aktrise en modeontwerpster.
- 27 Julie – Johan Goosen, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Springboklosskakel.
- 20 Augustus – Demi Lovato, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en aktrise.
- 21 Augustus – Felipe Nasr, Brasiliaanse Formule Eenrenjaer.
- 16 September – Nick Jonas, Amerikaanse akteur.
- 28 September – Skye McCole Bartusiak, Amerikaanse aktrise († 2014).
- 5 Oktober:
- Danie du Toit (verhoognaam "Reënwolf"), sanger en sakeman.
- Kevin Magnussen, Deense Formule Eenrenjaer.
- 17 Oktober – Jacob Artist, Amerikaanse akteur.
- 23 November – Miley Cyrus, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 28 November – Mireia Lalaguna, Spaanse model en skoonheidskoningin (Mej. Wêreld 2015).
Sterftes
wysig- 1 Januarie – Grace Hopper, Amerikaanse rekenaarpionier (* 1906).
- 13 Januarie – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise in Londen (* 1925).
- 23 Januarie – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 23 Januarie – Ian Wolfe, Amerikaanse akteur (* 1896).
- 9 Maart – Menachem Begin, Israeliese premier (* 1913).
- 12 Maart – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige (* 1927).
- 29 Maart – Graaf John Spencer, vader van Prinses Diana (* 1924).
- 5 April – Molly Picon, Amerikaanse aktrise (* 1898).
- 6 April – Isaac Asimov, skrywer (* 1920).
- 16 April – Neville Brand, Amerikaanse akteur (* 1920).
- 19 April – Frankie Howerd, Engelse komediant en akteur (* 1917).
- 20 April – Benny Hill, Engelse komediant (* 1924).
- 23 April – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger (* 1921).
- 27 April – Olivier Messiaen, Franse komponis (* 1908).
- 28 April – Francis Bacon, Ierse kunstenaar (* 1909).
- 6 Mei – Marlene Dietrich, aktrise (* 1901).
- 12 Mei – Robert Reed, akteur, The Brady Bunch (* 1932).
- 23 Mei – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).
- 24 Mei – Hester Heese, Afrikaanse skrywer (* 1911).
- 14 Augustus – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1906).
- 29 Augustus – Félix Guattari, Franse psigiater (* 1930).
- 12 September – Anthony Perkins, Amerikaanse akteur (* 1932).
- 30 September (waarskynlik) – Miemie Louw-Theron, Afrikaanse skrywer (* 1898).
- 8 Oktober – Willy Brandt, Duitse regsgeleerde en politikus, 4de bondskansellier van Wes-Duitsland, Nobelpryswenner (* 1913)
- 7 November – Alexander Dubček, Slowaakse politikus (* 1921).
- 10 November – Chuck Connors, Amerikaanse akteur (* 1921).
- 20 November – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer (* 1918).
- 25 Desember – Helen Joseph, Suid-Afrikaanse vroueregte-aktivis (* 1905).