Samuel Bankman-Fried
Samuel Bankman-Fried[1] (gebore op 6 Maart 1992[2]), ook bekend onder sy voorletters SBF,[3] is 'n Amerikaanse entrepreneur en belegger. Hy is die stigter en voormalige uitvoerende hoof van FTX 'n kriptogeld-beurs;[4][5] FTX.US, sy Amerikaanse geaffilieerde;[6] en Alameda Research, 'n kwantitatiewe kriptogeldeenheid-handelsfirma. FTX het laat in 2022 'n insolvensiekrisis ervaar, wat gelei het tot 'n ineenstorting in FTX se eie kripto-geldeenheid, FTT. Te midde van die krisis het Bankman-Fried aangekondig dat hy sy bedrywighede by Alameda Research gaan beëindig en bedank as HUB van FTX, wat aansoek gedoen het vir Hoofstuk 11-bankrotskap.[7]
Bankman-Fried se netto waarde het 'n hoogtepunt bereik van $26 miljard.[8] In Oktober 2022 het hy 'n geraamde netto waarde van $10,5 miljard gehad.[9] Op 8 November 2022 te midde van FTX se insolvensiekrisis is sy netto waarde egter na raming 94% in 'n dag gedaal tot $991.5 miljoen, volgens die Bloomberg Billionaires Index, die grootste eendagdaling in die indeks se geskiedenis.[10][11] Teen 11 November 2022 het die Bloomberg Billionaires Index beskou dat Bankman-Fried geen materiële rykdom het nie [12] Voordat Bankman-Fried se rykdom in November 2022 geërodeer het, was Bankman-Fried 'n groot skenker aan die Demokratiese Party en ten bate van baie linkse politieke doelstellings.[13][14] Hy was die tweede grootste individuele skenker aan Joe Biden in die 2020-verkiesingsiklus, en het persoonlik $5.2 miljoen geskenk[15][16] en het $40 miljoen geskenk tydens die 2022 Amerikaanse middeltermynverkiesing.[17]
Op 12 Desember 2022 is Bankman-Fried in die Bahamas gearresteer, en later uitgelewer aan die Verenigde State.[18] In die hofsaak Verenide State v. Bankman-Fried, is hy skuldig bevind aan al sewe aanklagte van bedrog, sameswering en geldwassery.[19] Op 28 Maart 2024 is hy tot 25 jaar tronkstraf gevonnis en beveel om $11 miljard te verbeur.[20][21][22]
Verwysings
wysig- ↑ "8 Desember 2021, "Digital Assets and the Future of Finance: Understanding the Challenges and Benefits of Financial Innovation in the United States"" (PDF). financialservices.house.gov. 3 Desember 2021. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2021. Besoek op 27 Desember 2021.
- ↑ Parloff, Roger (12 Augustus 2021). "Portrait of a 29-year-old billionaire: Can Sam Bankman-Fried make his risky crypto business work?". Yahoo!Finance (in Engels (VSA)). Besoek op 6 September 2021.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ Turner, Matt; Rosen, Phil; Erb, Jordan Parker (19 Desember 2021). "Sam Bankman-Fried went from relative obscurity to crypto billionaire in just 4 years. Insiders explain how he did it, and what's next". Business Insider (in Engels (VSA)). Besoek op 27 Desember 2021.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ Schleifer, Theodore (20 Maart 2021). "How a crypto billionaire decided to become one of Biden's biggest donors". Vox.
- ↑ Wallace, Benjamin (2 Februarie 2021). "The Mysterious Cryptocurrency Magnate Who Became One of Biden's Biggest Donors". Intelligencer.
- ↑ "Crypto Exchange Competition Heats Up With FTX.US Growth Spurt". Bloomberg.com (in Engels). 29 Julie 2021. Besoek op 11 Julie 2022.
- ↑ Singh, Manish (10 November 2022). "Sam Bankman-Fried says FTX in talks to raise capital, Alameda Research to wind down trading". TechCrunch (in Engels (VSA)). Besoek op 10 November 2022.
- ↑ "Sam Bankman-Fried's $16 Billion Fortune Is Eviscerated in Days". Bloomberg News. 8 November 2022.
- ↑ Kulish, Nicholas (8 Oktober 2022). "How a Scottish Moral Philosopher Got Elon Musk's Number". The New York Times. ISSN 0362-4331. Besoek op 9 Oktober 2022.
- ↑ "Crypto's golden boy Sam Bankman-Fried sees $14.6 billion wiped from his personal wealth overnight after agreeing FTX bailout deal". Fortune. Besoek op 9 November 2022.
- ↑ Morrow, Allison (10 November 2022). "Crypto is in chaos as FTX teeters on the verge of bankruptcy". CNN (in Engels). Besoek op 11 November 2022.
- ↑ "Bankman-Fried's 'Effective Altruism' Implodes With His Fortunes". Bloomberg News. Besoek op 11 November 2022.
- ↑ Catenacci, Thomas; Schoffstall, Joe. "Troubled crypto boss Sam Bankman-Fried, who lost $15B in a week, funneled millions to Dems, far-left causes". www.foxnews.com. Fox News. Besoek op 11 November 2022.
- ↑ "A young crypto billionaire's political agenda goes well beyond pandemic preparedness". Los Angeles Times (in Engels (VSA)). 12 Augustus 2022. Besoek op 12 November 2022.
- ↑ Schreckinger, Ben (16 Januarie 2022). "Bitcoin crashes the midterms". POLITICO (in Engels). Besoek op 13 Mei 2022.
- ↑ Sutton, Sam (8 Februarie 2022). "Crypto's aspiring Washington kingmaker". POLITICO (in Engels). Besoek op 13 Mei 2022.
- ↑ "Embattled Cryptocurrency Founder Spent $40 Million on Midterms". The Washington Post. Besoek op 12 November 2022.
- ↑ Betz, Bradford (12 Desember 2022). "FTX founder Sam Bankman-Fried arrested in Bahamas, US expected to request extradition, authorities say". FOXBusiness (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2022. Besoek op 13 Desember 2022.
- ↑ Yaffe-Bellany, David; Goldstein, Matthew; Edward Moreno, J. (2 November 2023). "Fallen Crypto Mogul Convicted in Collapse That Cost Users Billions". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2023. Besoek op 2 November 2023.
- ↑ "Samuel Bankman-Fried Sentenced to 25 Years for His Orchestration of Multiple Fraudulent Schemes". Justice.gov. U.S. Department of Justice. 30 April 2005. Besoek op 29 Maart 2024.
- ↑ "Former FTX CEO Sam Bankman-Fried sentenced to 25 years in prison for fraud". United Press International. 28 Maart 2024. Besoek op 28 Maart 2024.
- ↑ Neumeister, Larry; Sweet, Ken (28 Maart 2024). "Fallen crypto mogul Sam Bankman-Fried sentenced to 25 years in prison". Associated Press (in Engels). Besoek op 28 Maart 2024.