Abchasië
Abchasië (Abchasies: Аҧсны́, Apsny, [apʰsˈnɨ]; Georgies: აფხაზეთი, Apkhazeti, [ɑpʰxɑzɛtʰi]; Russies: Абха́зия, Abkhа́ziya, [ɐpˈxazʲɪjə]), amptelik die Republiek Abchasië (Abchasies: Аҧсны Аҳәынҭқарра, Aphsny Axwynthkharra; Russies: Респу́блика Абха́зия, Respublika Abkhaziya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[9][10][11][12] republiek,[13][14] sonder algemene internasionale erkenning.
| |||||
Volkslied: Аиааира (tr.: Aiaaira) (Abchasies vir: "Oorwinning") | |||||
Hoofstad | Soechoemi | ||||
Grootste stad | Soechoemi | ||||
Amptelike tale | Abchasies en Russiesa | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Aslan Bzhania Alexander Ankwab | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat
• Georgiese nietigverklaring van alle Sowjetse wette en verdrae • Verklaring van soewereiniteitb • Georgiese onafhanklikheidsverklaring • Ontbinding van die Sowjetunie • Abchasiese onafhanklikheidsverklaring • Huidige grondwet • Grondwetlike referendum • Onafhanklikheidswetc • Eerste internasionale erkenningd |
van Georgië[1][2][3] 20 Junie 1990 25 Augustus 1990 9 April 1991 26 Desember 1991 23 Julie 1992 26 November 1994 3 Oktober 1999 12 Oktober 1999 26 Augustus 2008 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 640[4] km2 3 336 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
244 926[5] (–) 240 705[5] 28,3 / km2 73,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2010-skatting $500 miljoen[6] | ||||
Geldeenheid | Apsar Russiese roebele ( RUB )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GET (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | – | ||||
Skakelkode | +7 840 / 940 en +995 44[7][8] | ||||
a. Die Russiese taal word as staatstaal erken (Artikel 6 van die Grondwet) en word ook wyd in ander instellings gebruik. b. Nietig verklaar deur Georgië onmiddellik daarna. c. Te stig, met terugwerkende effek, de jure onafhanklikheid sedert die oorlog van 1992–1993. d. Deur Rusland. Sedertdien het 'n bykomende vier VN-lidlande Abchasië se onafhanklikheid erken. e. De facto geldeenheid. Verskeie Abchasiese apsar-herdenkingsmunte is uitgereik. Die apsar het 'n vaste wisselkoers, gekoppel aan die Russiese roebel (1 roebel = 0,10 apsar). |
Alhoewel Georgië nie beheer oor Abchasië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Abchasië as deel van Georgië, wie se grondwet na dié gebied as die Outonome Republiek Abchasië verwys.
Abchasië is in die Suid-Kaukasus langs die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Soechoemi. Abchasië beslaan 'n oppervlakte van 8 640 km² en het 'n bevolking van 244 926 in 2020 gehad. Abchasië grens in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Krasnodar-krai.
Soms word na Abchasië, Suid-Ossetië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[15][16] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Politiek
wysigInternasionale erkenning
wysig- VN-lidlande
- Rusland erken Abchasië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[17]
- Nicaragua erken Abchasië op 5 September 2008.[18]
- Venezuela erken Abchasië op 10 September 2009.[19]
- Nauru erken Abchasië op 15 Desember 2009.[20]
- Sirië erken Abchasië op 29 Mei 2018.[21]
- Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
- Suid-Ossetië erken Abchasië op 17 November 2006.[22]
- Transnistrië erken Abchasië op 17 November 2006.[22]
- Republiek Artsach erken Abchasië op 17 November 2006.[23]
- Voormalige erkenning
Etniese samestelling
wysigAbchasiërs vorm met 124 115 inwoners 'n stewige meerderheid van die bevolking (51,0 persent).[29]
Etniese samestelling van Abchasië (2015)[29] | |||
---|---|---|---|
Etniese groep | Aantal | % | |
Abchasiërs | 124 115 | 51,0 | |
Georgiërs | 43 496 | 17,9 | |
Armene | 41 925 | 17,2 | |
Russe | 22 301 | 9,2 | |
Mingreliërs | 3 244 | 1,3 | |
Oekraïners | 1 758 | 0,7 | |
Grieke | 1 350 | 0,6 | |
Turke | 723 | 0,3 | |
Ossetiërs | 596 | 0,2 | |
Tartare | 355 | 0,1 | |
Estlanders | 354 | 0,1 | |
Roma | 276 | 0,1 | |
Belarusse | 265 | 0,1 | |
Ander | 2 448 | 1,0 | |
Totaal | 243 206 | 100 |
Verwysings
wysig- ↑ (ru) Site programming: Denis Merkushev. "Акт о государственной независимости Республики Абхазия". Abkhaziagov.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (ru) "Апсныпресс – государственное информационное агенство Республики Абхазия". Apsnypress.info. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2010. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ (en) "Abkhazia: Review of Events for the Year 1996". UNPO. 31 Januarie 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2019. Besoek op 27 April 2020.
- ↑ (en) "Abkhazia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 September 2022.
- ↑ 5,0 5,1 (ab) "Государственный комитет Республики Абхазия по статистике". Abchasiese Statistieke Kantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 27 April 2020.
- ↑ (en) "Abkhazia calculated GDP – News". GeorgiaTimes.info. 7 Julie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ (en) "Abkhazia remains available by Georgian phone codes". today.az. 6 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Februarie 2020. Besoek op 27 April 2020.
- ↑ (en) 2011 – national renumbering for Georgia Geargiveer 20 Desember 2013 op Wayback Machine
- ↑ (en) Olga Oliker, Thomas S. Szayna (2003). Faultlines of Conflict in Central Asia and the South Caucasus: Implications for the U.S. Army. Rand Corporation. ISBN 0-8330-3260-7.
- ↑ (en) Abkhazia: ten years on. Geargiveer 5 Februarie 2012 op Wayback Machine By Rachel Clogg, Conciliation Resources, 2001
- ↑ (en) Medianews.ge. Training of military operations underway in Abkhazia Geargiveer 28 September 2007 op Wayback Machine, 21 Augustus 2007
- ↑ (en) Emmanuel Karagiannis. Energy and Security in the Caucasus. Routledge, 2002. ISBN 0-7007-1481-2
- ↑ (en) GuardianUnlimited. Georgia up in arms over Olympic cash
- ↑ (en) International Relations and Security Network. Kosovo wishes in Caucasus. By Simon Saradzhyan
- ↑ (en) "OSCE: De Gucht Discusses Montenegro Referendum, Frozen Conflicts". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
- ↑ (en) "Frozen Conflicts in the Black Sea-South Caucasus Region". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2013. Besoek op 26 Maart 2014., IASPS Policy Briefings, 1 Maart 2004
- ↑ (en) "Russia welcomes Nicaragua's recognition of South Ossetia, Abkhazia". China Daily. 6 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (es) Ortega, Daniel; Manuel Coronel Kautz (3 September 2009). "DECRETO No. 47-2008" (PDF). Gobierno de Reconciliación y Unidad Nacional. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2008. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (ru) "Венесуэла признает независимость Абхазии и Южной Осетии" Geargiveer 17 Desember 2013 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Pacific island recognizes Abkhazia's independence". RIA Novosti. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (en) "Georgia Severs Relations With Syria For Recognizing Abkhazia, South Ossetia". rferl.org. 29 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 23 September 2018.
- ↑ 22,0 22,1 (ru) "Абхазия, Южная Осетия и Приднестровье признали независимость друг друга и призвали всех к этому же". Newsru. 17 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ (ru) "Cтраны , признавшие независимость Республики Абхазия | ПОСОЛЬСТВО РЕСПУБЛИКИ АБХАЗИЯ В БОЛИВАРИАНСКОЙ РЕСПУБЛИКЕ ВЕНЕСУЭЛА". Abjasia.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2016. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (en) "Vanuatu's recognition to the Republic of Abkhazia". Government of Vanuatu. 7 Oktober 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2013. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (en) "Vanuatu scraps recognition of Georgia breakaway region". 20 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 9 Mei 2015.
- ↑ (en) "Georgia Says Vanuatu Has Withdrawn Recognition of Abkhazia". Bloomberg. 20 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014.
- ↑ (en) "Tuvalu becomes sixth state to recognize Abkhazia". RIAN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Mei 2018.
- ↑ (en) mfa.gov.ge: Statement of the Georgian Foreign Ministry regarding the establishment of diplomatic and consular relations Geargiveer 31 Maart 2014 op Wayback Machine
- ↑ 29,0 29,1 (en) Ethnic composition of Abkhazia 2015
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Abchasië. |
- (en) Toerisme-inligting oor Abchasië op Wikivoyage
- (ka) Amptelike webwerf van die Outonome Republiek Abchasië
- (ru) Amptelike webwerf van die Republiek Abchasië