Abchasiërs
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Abchasies.
Die Abchasiërs (Abchasies: Аҧсуа, Apswa; Georgies: აფხაზები [ɑpʰxɑzɛbi]) is 'n Noordwes-Kaukasiese etniese groep inheems aan Abchasië, 'n omstrede gebied wat volgens internasionale reg tot Georgië behoort, in die Kaukasus-streek langs die oostelike Swartseekus. Hulle praat Abchasies, 'n Noordwes-Kaukasiese taal, as moedertaal en Turks, Russies of Georgies as tweede taal.
Abchasiërs | |
---|---|
Abchasiërs tydens 'n optog met die Abchasiese vlag | |
Totale bevolking: | ca. 200 000–600 000 |
Belangrike bevolkings in: | Abchasië 122 040[1] Turkye 39 000–500 000[2][3][4] |
Taal: | Abchasies, Turks, Russies, Georgies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk en Soennitiese Islam Minderhede van Abchasiese tradisionele godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Ander Noordwes-Kaukasiese volke soos Abazyne, Adigea en Oebyke |
Die meeste Abchasiërs leef in Turkye, gevolg deur Abchasië en Rusland en is aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk of die Soennitiese Islam, gevolg deur die Abchasiese tradisionele godsdiens. Die etniese groep van die Abchasiërs is verwant aan die Abazyne, Adigea en Oebyke wat in die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Adigea noordwes van die Kaukasus leef.
Verwysings
wysig- ↑ "РЕСПУБЛИКА АБХАЗИЯ" (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2020. Besoek op 7 April 2016.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Abkhaz" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2019. Besoek op 7 April 2016.
- ↑ "Abkhazia Seeking Turkish Recognition of Independence" (in Engels). Asbarez. 11 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2009. Besoek op 7 April 2016.
- ↑ "Abkhazia's Diaspora: Dreaming of Home" (in Engels). EurasiaNet. 8 Maart 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017. Besoek op 7 April 2016.
- ↑ (ru) 2002 Census statistics Geargiveer 9 Januarie 2020 op Wayback Machine
- ↑ "Abkhaz Syrians return home". Voice of Russia (in Engels). 5 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017. Besoek op 7 April 2016.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2007. Besoek op 7 April 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abchasiërs.