1999
jaar
1999 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1994 | 1995 | 1996 | 1997 | 1998 | ◄ 1999 ► | 2000 | 2001 | 2002 | 2003 | 2004 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1999 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
President Mbeki | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1999 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 99ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 1 Januarie – Die Euro-geldeenheid word in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Ierland, Italië, Luxemburg, die Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje ingebruikgeneem. Bulgarye betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 12 Maart – Hongarye, Pole en Tsjeggië betree die NAVO.
- 24 Maart – 24 mense sterf in die Mont Blanc-tonnel toe 'n Belgiese vragmotor aan die brand slaan.
- 1 April – Nunavut word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied binne die Kanadese Konfederasie.
- 5 April – Twee Libiese verdagtes van die Lockerbie-bomaanval in 1988, word oorhandig vir 'n verhoor in Nederland.
- 19 April – Die Duitse parlement word van Bonn na Berlyn geskuif.
- 30 April – Kambodja sluit aan by die ASEAN.
- 14 Mei–20 Junie – Die 7de Krieketwêreldbeker word in Engeland, Skotland, Ierland, Nederland en Wallis aangebied en deur Australië gewen.
- 17 Mei – Ehud Barak verkies as Eerste Minister van Israel.
- 29 Mei – Nigerië word 'n Federale Republiek met 'n presidensiële demokrasie. Die President is Olusegun Obasanjo.
- 14 Junie – Thabo Mbeki word president van Suid-Afrika.
- 6 Julie – Die Israelse Barak-kabinet onder leiding van eerste minister Ehud Barak word geïnstalleer.
- 24 Julie–4 Augustus – Die 2de Sokker-Konfederasiebeker word in Meksiko aangebied en deur dié gasheer gewen.
- 26 Augustus – Penny Heyns stel in Sydney haar sesde wêreldrekord in drie weke op met 'n tyd van 2:24:2 vir die borsslag oor 200 m.
- 30 September – Een van Japan se ergste kernkragongelukke vind plaas by 'n uraanherverwerkingfasiliteit naby Tokio. Werkers en plaaslike inwoners word aan baie hoë vlakke van bestraling blootgestel.
- 1 Oktober–6 November – Die 4de Rugbywêreldbeker word in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aangebied en deur Australië gewen.
- 3 Desember – Die Mars-poollandingstuig bereik Mars en verdwyn.
- 14 Desember – Onderhandelaars van die Verenigde State en Duitsland kom ooreen om 'n fonds van 5,2 miljard Amerikaanse dollar daar te stel vir Nazi-era slawe en dwangarbeiders.
- 19 Desember – Oorlewendes van modderstortings en vloede in Venezuela wat toe reeds meer as 5 000 lewens geëis het, steier deur die strate.
- 20 Desember – Die voormalige Portugese kolonie Macau word deel van die Volksrepubliek China.
- 28 Desember – Saparmurat Niyazov word tot lewenslange president geproklameer in Turkmenistan.
- 31 Desember – Die Verenigde State dra die Panamakanaalsone aan Panama oor.
- Die iSimangaliso-vleilandpark wat voorheen bekend was as die Groter St. Lucia-Vleilandpark word deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot wêrelderfenisgebied verklaar.
Geboortes
wysig- 6 Januarie – Eliza Scanlen, Australiese aktrise.
- 2 Maart – Nikita Mazepin, Russiese Formule Eenrenjaer.
- 22 Maart – Mick Schumacher, Duitse Formule Eenrenjaer.
- 16 April – Lisette Olivera, Amerikaanse aktrise.
- 26 April – Laura Wolvaardt, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 30 Mei – Zhou Guanyu, Chinese beroepsrenjaer.
- 6 Junie – Marguerite van Eeden, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 7 Oktober – Jan Bloukaas, Suid-Afrikaanse musikant († 2024).
- 10 November – Kiernan Shipka, Amerikaanse aktrise.
- 13 November – Lando Norris, Britse Formule Eenrenjaer.
- 2 Desember – Kelvin Kiptum, 'n Keniaanse langafstandhardloper († 2024).
Sterftes
wysig- 7 Februarie – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië (* 1935).
- 8 Februarie – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof (* 1919).
- 10 Februarie – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 7 Maart – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer (* 1928).
- 12 Maart – Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis (* 1916).
- 16 Maart – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige (* 1909).
- 14 April – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur (* 1931).
- 21 April – Charles "Buddy" Rogers, Amerikaanse akteur, musikant (* 1904).
- 2 Mei – Oliver Reed, Britse akteur (* 1938).
- 8 Mei – Dirk Bogarde, Britse akteur, († 1921).
- 27 Mei – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 6 Junie – Anne Haddy, Australiese aktrise (* 1930).
- 25 Junie – William Sage Rapson, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse chemikus (* 1912).
- 6 Julie – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis (* 1901).
- 12 Augustus – J.R. Hale, Britse geskiedkundige en vertaler.(* 1923).
- 29 September – Gé Korsten, Suid-Afrikaanse sanger (* 1927).
- 2 Oktober – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus (* 1924).
- 2 Oktober – Heinz G. Konsalik, Duitse outeur (* 1921).
- 2 Oktober – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent (* 1917).
- 4 Oktober – De Villiers Graaff, Suid-Afrikaanse politikus (* 1913).
- 6 Oktober – Gorilla Monsoon, Amerikaanse stoeier en akteur (* 1937).
- 7 Oktober – Demetrios Tsafendas, die sluipmoordenaar van dr. Hendrik Verwoerd (* 1918).
- 26 Oktober – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger (* 1936).
- 26 Oktober – Maria Alba, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 26 Oktober – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster (* 1937).
- 9 November – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1918).
- 13 November – Anna Scheepers, Suid-Afrikaanse vakbondleier (* 1914).
- 24 November – Hilary Minster, Britse akteur (* 1944).
- 12 Desember – Joseph Heller, Amerikaanse satirikus (* 1923).