1919
jaar
1919 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | 1918 | ◄ 1919 ► | 1920 | 1921 | 1922 | 1923 | 1924 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1919 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die slangkopvuurtoring | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1919 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 19de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Stigting van die Bauhaus in Weimar (Duitsland).
- Generaal Jan Christian Smuts word die tweede Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika.
- Alcock en Brown is die eerste vlieëniers wat 'n ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan voltooi.
- 19 Februarie– Die tweede Pan-Afrika Kongres begin in Parys.
- 4 Maart – Die Slangkopvuurtoring in Kommetjie, op die Kaapse Skiereiland word in gebruik geneem.
- 13 April – Die Amritsar-slagting vind plaas.
- 21 Mei – Eerste uitgawe van Landbouw-weekblad verskyn in Bloemfontein.
- 21 Junie – Die Kanadese berede polisie skiet op ’n skare werklose oorlogsveterane, met twee noodlottig gewond, tydens 'n algemene staking in Winnipeg.
- 28 Junie – Die Verdrag van Versailles is onderteken en beëindig die Eerste Wêreldoorlog.
- 3 Julie – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word titulêr aartsbiskop van Naupactus en nuntius in Pole.
- 7 Oktober – Die Koninklijke Luchtvaart Maatshappy word gestig.
- 28 Oktober – Achille Ratti (later Pous Pius XI) word as biskop in gewy.
- 10 November – Die Kaapse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk aanvaar 'n voorstel vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Geboortes
wysig- 12 Februarie – Russell Ackoff, Amerikaanse bedryfskundige en baanbreker in operasionele navorsing en algemene stelselteorie († 2009).
- 13 Februarie – Piet Malan, Springbokrugbyspeler († 2015).
- 15 Februarie – Frans Claerhout, Belgiesgebore Suid-Afrikaanse skilder († 2006).
- 18 Februarie – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran († 1979).
- 24 Februarie – Ina de Villiers, skrywer van die mees bekende kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet († 2010).
- 3 Maart – Peter Henry Abrahams, Suid-Afrikaanse romanskrywer, digter, joernalis en politieke kommentator († 2017).
- 11 Maart – Elise Muller, Afrikaanse skrywer († 1985).
- 20 Maart – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk († 2006).
- 20 Maart – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vliegtuie van die vyand kon neerskiet († 1983).
- 29 Maart – Eileen Heckart, Amerikaanse aktrise († 2001).
- 8 April – Ian Smith, Rhodesiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Rhodesië († 2007).
- 10 April – Richard Bergmann, Oostenrykse en Britse tafeltennisspeler († 1970).
- 13 April – Howard Keel, Amerikaanse akteur, sanger († 2004).
- 3 Mei – Pete Seeger, Amerikaanse folksanger en aktivis († 2014).
- 7 Mei – Eva Perón, vrou van die Argentynse president Juan Perón († 1952).
- 19 Mei – Esmé Euvrard, Suid-Afrikaanse radio-omroeper, sanger en aktrise († 1993).
- 10 Junie – Moultrie Patten, Amerikaanse akteur († 2009)
- 21 Junie – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek († 2013).
- 24 Junie – Al Molinaro, Amerikaanse akteur († 2015).
- 15 Julie – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof († 1999).
- 20 Julie – Sir Edmund Hillary, Nieu-Seelander, eerste persoon wat Everest uitgeklim het († 2008).
- 31 Julie – Primo Levi, Italiaans-Joodse chemikus, komponis en outeur († 1987).
- 9 Augustus – Leona Woods, Amerikaanse fisikus wat gehelp het met die bou van die eerste kernreaktor en die eerste kernwapen († 1986).
- 15 September – Dirk van der Walt, predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1985).
- 26 September – Matilde Camus, Spaanse digter en navorser († 2012).
- 6 Oktober – Mohamed Siad Barre, Somaliese politikus en staatsman, president van Somalië († 1985).
- 12 Oktober – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise († 1991).
- 14 Oktober – Ds. Louis Jacobus Botha, predikant en later professor aan die Hammanskraalse Teologiese Skool.
- 18 Oktober – Pierre Trudeau, Kanadese politikus en premier († 2000).
- 22 Oktober – Doris Lessing, Britse skryweres († 2013).
- 26 Oktober – Mohammad Reza Pahlavi, laaste sjah van Iran († 1980).
- 10 November – Michail Kalasjnikof, Russiese ontwerper van die AK-47-masjiengeweer († 2013).
- 20 November – Phyllis Thaxter, Amerikaanse aktrise († 2012)
- 24 November – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein († 1978).
- 6 Desember – Anna Bender, Suid-Afrikaanse pianis en skrywer († 2004).
- 12 Desember – Matthys van Rensburg, Suid-Afrikaanse politikus († 1970).
- 13 Desember – Hans-Joachim Marseille, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1942).
Sterftes
wysig- 6 Januarie – Theodore Roosevelt, die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909) (* 1858).
- 15 Januarie - Rosa Luxemburg, Marxistiese revolusionêr (* 1871).
- 28 Januarie – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (* 1860).
- 28 Januarie – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III (* 1860).
- 28 Januarie – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland (* 1859)
- 8 Julie – Johan Andreas dèr Mouw, Nederlandse digter (* 1863).
- 15 Julie – Emil Fischer, Duitse chemikus en Nobelpryswenner (* 1852).
- 9 Augustus – Ernst Haeckel, Duitse bioloog en filosoof (* 1834).
- 11 Augustus – Andrew Carnegie, Amerikaanse staalbaron (* 1835).
- 27 Augustus – Louis Botha, Suid-Afrikaanse staatsman, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika (* 1862).
- 13 September – Albert Henry Hime 'n Eerste Minister van Natal (* 1842).
- 4 Oktober – Petrus Postma, Suid-Afrikaanse predikant en Christelike onderwysaktivis (* 1854).