Theodore Roosevelt
Theodore Roosevelt | |
---|---|
26ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 14 September 1901 – 4 Maart 1909 |
Voorganger | William McKinley |
Opvolger | William Howard Taft |
Geboortedatum | 27 Oktober 1858 |
Geboorteplek | New York Stad, New York |
Sterftedatum | 6 Januarie 1919 |
Sterfteplek | Oyster Bay, New York |
Eerste Dame | Alice Hathaway Lee (1880–1884) Edith Kermit Carow (1886–1919) |
Politieke party | Republikein |
Visepresident | Geen (1901–1905) Charles W. Fairbanks (1905–1909) |
Handtekening |
Theodore Roosevelt, Jr. (27 Oktober 1858 – 6 Januarie 1919) was die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909). Tydens sy ampstermyn het Oklahoma op 16 November 1907 die 46ste deelstaat van die Verenigde State geword. Sy portret is saam met die van die presidente George Washington, Thomas Jefferson en Abraham Lincoln by Mount Rushmore uitgebeeld.
Tydens die Spaans-Amerikaanse Oorlog het hy die stormloop op San Juan-heuwel gelei. Theodore Roosevelt het in 1906 die Nobelprys vir Vrede ontvang vir sy bemiddeling in die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905.[1] Danksy sy inisiatief is die oorlog formeel beëindig met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "The Nobel Peace Prize 1906" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Theodore Roosevelt.