1942
jaar
1942 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1937 | 1938 | 1939 | 1940 | 1941 | ◄ 1942 ► | 1943 | 1944 | 1945 | 1946 | 1947 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1942 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
El Alamein 1942 | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1942 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 42ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 11 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Vloot onderneem 'n deurbraak deur die Engelse kanaal (Unternehmen Zerberus) suksesvol, met drie slagkruisers en vele ander Duitse skepe en vegvliegtuie ter ondersteuning.
- 19 Februarie – Tweede Wêreldoorlog: Darwin, die hoofstad van die Noordelike Gebied, Australië, word hard getref deur 242 bomwerpers en vegvliegtuie van die Japannese vloot.
- 28 Maart – Tweede Wêreldoorlog: Britse Kommando's val Saint-Nazaire aan.
- April – Die eerste uitgawe van die vrouetydskrif, Rooi Rose.
- 9 April – Tweede Wêreldoorlog: Oorgawe van die VSA-magte by die Bataanse Skiereiland.
- 18 April – Tweede Wêreldoorlog: Die Doolittle aanval vind plaas in Tokio.
- 23 April – Tweede Wêreldoorlog: Duitse bomwerpers val Exeter, Bath en York, Engeland aan.
- 1 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Die Slag van die Koraalsee begin.
- 4 Mei – Tweede Wêreldoorlog: Slag van die Koraalsee begin met die lansering van gevegsvliegtuie vanaf die Amerikaanse en Japannese vliegdekskepe. Die Amerikaanse taakmag FOX van die vliegdekskip USS Yorktown (CV-5) val Japannese eenhede aan wat op 3 Mei op die eiland Tulagi geland het.
- 30 Mei – Tweede Wêreldoorlog: 1000 Britse bomwerpers loods 'n 90-minuut-aanval op Keulen, Duitsland.
- 4 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaners wen die Slag van Midway.
- 9 Junie – Tweede Wêreldoorlog: Lidici massamoord deur die SS.
- 12 Junie – Saambou Bank word onder die naam Unie Bouvereniging gestig.
- 7 Augustus – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde Magte land op Guadalcanal-eiland en die Slag van Guadalcanal begin.
- 27 Oktober – Tweede Wêreldoorlog: Die Amerikaanse vliegdekskip USS Hornet word deur Japannese lugaanvalle gekelder (reeds op 26ste aangeval).
- 28 November – Die RMS Nova Scotia word langs die kus van KwaZulu-Natal gekelder en 845 passasiers sterf.
- 29 November – Die skip Dunedin Star strand naby Angra Fria, Namibië.
- 2 Desember – Onder leiding van Enrico Fermi skep die Manhattan-projekspan by die Universiteit van Chicago die eerste selfonderhoudende kernkettingreaksie.
Geboortes
wysig- 5 Januarie – Jan Ellis, Springbokrugbyspeler († 2013).
- 8 Januarie – Stephen Hawking, Britse fisikus en skrywer († 2018).
- 8 Januarie – Junichiro Koizumi, Japannese politikus, van 2001 tot 2006 premier van Japan.
- 8 Januarie – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder († 2024).
- 14 Januarie – Amichand Rajbansi, Suid-Afrikaanse politikus († 2011).
- 17 Januarie – Muhammad Ali, Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen († 2016).
- 25 Januarie – Marga van Rooy, Suid-Afrikaanse aktrise († 2017).
- 2 Februarie – Bo Hopkins, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2022).
- 4 Februarie – Thomas Deacon, Afrikaanse digter en skrywer († 2022).
- 7 Februarie – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007).
- 8 Februarie – Tommy Bedford, Suid-Afrika se drie-en-dertigste Springbokkaptein.
- 12 Februarie – Ehud Barak, Israelse generaal (opperbevelhebber) en politikus (eerste minister).
- 13 Februarie – Carol Lynley, Amerikaanse aktrise († 2019).
- 27 Februarie – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting († 1967).
- 28 Februarie – Oliviero Toscani, Italiaanse fotograaf en artistieke direkteur.
- 28 Februarie – Brian Jones, Britse multi-instrumentalis, stigterslid van The Rolling Stones († 1969).
- 2 Maart – Mir-Hossein Mousavi, Iranse politikus.
- 2 Maart – Lou Reed, Amerikaanse musikant en fotograaf († 2013).
- 2 Maart – Ernst van der Walt, Suid-Afrikaanse predikant.
- 7 Maart – Tammy Faye Messner, Amerikaanse aktrise († 2007).
- 8 Maart – Isao Hosoe, Japannese lug- en ruimtevaartingenieur, ontwerper en dosent († 2015).
- 9 Maart − John Cale, Walliese musikant en multi-instrumentalis.
- 13 Maart – John Paul Larkin, professioneel bekend as Scatman John, Amerikaanse musikant. († 1999).
- 14 Maart – Gareth Hunt, Britse akteur († 2007).
- 21 Maart – Franz Marx, Suid-Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer en regisseur († 2021).
- 25 Maart – Aretha Franklin, Amerikaanse sangeres († 2018).
- 27 Maart – Michael York, Engelse akteur.
- 28 Maart – Daniel Dennett, Amerikaanse filosoof.
- 12 April – Carlos Reutemann, Argentynse Formule Eenrenjaer († 2021).
- 12 April – Jacob Zuma, Suid-Afrikaanse politikus en vierde President van Suid-Afrika (2009–2018).
- 16 April – Sir Frank Williams, Britse Formule Een-motorsportlegende († 2021).
- 24 April – Barbra Streisand, Amerikaanse sangeres, aktrise
- 2 Mei – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee († 2021).
- 7 Mei – De Waal Venter, Afrikaanse skrywer († 2022).
- 16 Mei – Piet Greyling, Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein.
- 22 Mei – Ted Kaczynski, ook bekend as die Unabomber, Amerikaanse binnelandse terroris, anargis en voormalige professor in wiskunde († 2023).
- 24 Mei – Hannu Mikkola, Finse wêreldtydrenkampioenjaer († 2021).
- 7 Junie – Moeammar al-Ghaddafi, Libiese diktator († 2011).
- 18 Junie – Thabo Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en tweede President van Suid-Afrika (1999–2008).
- 18 Junie – Hans Vonk, Nederlandse dirigent († 2004).
- 18 Junie – Paul McCartney, Britse sanger en liedjieskrywer van The Beatles.
- 25 Junie – Patricia Brake, Engelse aktrise († 2022).
- 28 Junie – Chris Hani, Suid-Afrikaanse kommunis († 1993).
- 29 Junie – Bas van der Vlies, Nederlandse politikus († 2021).
- 9 Julie - Richard Roundtree, Amerikaanse akteur († 2023).
- 10 Julie – Sixto Rodriguez, Amerikaanse musikant († 2023).
- 13 Julie – Harrison Ford, Amerikaanse akteur en rolprentvervaardiger.
- 19 Julie – Tony Sirico, Amerikaanse akteur († 2022).
- 4 Augustus – David Lange, 32ste Eerste Minister van Nieu-Seeland († 2005).
- 7 Augustus – B.J. Thomas, Amerikaanse sanger en akteur († 2021).
- 20 Augustus – Isaac Hayes, Amerikaanse musikant († 2008).
- 28 Augustus – José Eduardo dos Santos, Angolese politikus († 2022).
- 2 September – Eric de Kuyper, Vlaams-Belgiese en Nederlandse skrywer, kunskritikus, en eksperimentele filmregisseur.
- 6 September – Britt Ekland, Sweedse aktrise.
- 13 September – Charles Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus.
- 15 September – Emmerson Mnangagwa, Zimbabwiese politikus en derde president.
- 19 September – Hossein Amanat, Irannees-Kanadese argitek.
- 28 September – Donna Leon, Amerikanse skryfster.
- 3 Oktober – Alan Rachins, Amerikanse akteur, skrywer, en regisseur († 2024).
- 14 Oktober – Péter Nádas, Hongaarse skrywer, dramaturg en essayis.
- 31 Oktober – David Ogden Stiers, Amerikaanse komediant en akteur († 2018).
- 1 November – Marcia Wallace, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 13 November – Lothar Zagrosek, Duitse dirigent.
- 20 November – Joe Biden, 46ste President van die Verenigde State.
- 24 November – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper († 2024).
- 27 November – Jimi Hendrix, Amerikaanse popster († 1970).
- 9 Desember - Dick Butkus, Amerikaanse voetbalspeler en akteur († 2023).
- 13 Desember – Wolf D. Prix, Oostenrykse argitek.
- 18 Desember – Samuel Sitta, Tanzaniese politikus († 2016).
- 22 Desember – De Villiers Lamprecht, Suid-Afrikaanse atleet en die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl kon hardloop († 2024).
- 30 Desember – Anne Charleston, Australiese aktrise.
- 30 Desember – Fred Ward, Amerikaanse akteur († 2022).
Sterftes
wysig- 9 Januarie – Heber Curtis, Amerikaanse sterrekundige (* 1872).
- 16 Januarie – Sir James Rose-Innes, hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika (* 1855).
- 16 Januarie – Carole Lombard, Amerikaanse aktrise, sterf in vliegramp (* 1908).
- 17 Januarie – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër (* 1884).
- 7 Februarie – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige (* 1857).
- 7 Februarie – Iwan Bilibin, Russiese illustreerder en verhoogontwerper (* 1876).
- 12 Maart – Robert Bosch, Duitse nyweraar, ingenieur en uitvinder (* 1861).
- 24 April – Lucy Maud Montgomery, Kanadese romanskrywer en digter (* 1874).
- 26 Junie – Carola Neher, Duitse toneelspeler (* 1900).
- 17 Julie – Tinus de Jongh, Suid-Afrikaanse skilder (* 1885).
- 28 Julie – Sir Flinders Petrie, Fellow of the Royal Society en ’n Engelse Egiptoloog (* 1853).
- 3 Augustus – James Cruze, rolprentakteur, regisseur en vervaardiger (* 1884).
- 12 Augustus – Phillips Holmes, Amerikaanse akteur (* 1907).
- 17 Augustus – Herman Auerbach, 'n Poolse wiskundige (* 1901).
- 22 Augustus – P.G.W. (Piet) Grobler, Suid-Afrikaanse politikus (* 1873).
- 23 Augustus – Rex Distin Martienssen, Suid-Afrikaanse argitek (* 1905).
- 30 September – Hans-Joachim Marseille, Duitse bobaasvlieënier tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1919).
- 16 November – Joseph Schmidt, Joodse tenoor en akteur (* 1904).
- 21 November – Barry Hertzog, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika (* 1866).
- 19 Desember – Genl. Dan Pienaar, wat in die Tweede Wêreldoorlog die 1ste SA Divisie in die westelike Sahara aangevoer het, sterf in 'n vliegramp by Kisumu op die oewer van die Victoriameer (* 1893).
- 22 Desember – Harro Schulze-Boysen, Duitse anti-Nazi weerstandaktivis (* 1909).