Amerikaanse Vloot

vloot-oorlogvoeringstak van die Amerikaanse Gewapende Magte

Die Amerikaanse Vloot (Engels: United States Navy, afgekort USN) is die vloot-oorlogvoeringstak van die Amerikaanse Gewapende Magte en een van die sewe uniformdienste van die Verenigde State van Amerika. Dit word beraam om groter te wees as die volgende 13 grootste vlote gekombineer in terme van tonnemaat van gevegsvloot in 2009.[4][5]

Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Seël van die Amerikaanse Vloot
Gestig 13 Oktober 1775[1][2]
Land Verenigde State van Amerika
Tipe Vloot
Vaandel Vaandel van die Amerikaanse Vloot
Vlag Vlag van die Amerikaanse Vloot
Hoofkwartier Pentagon
Aantal lede 323 561 aktiewe dienspersoneel[3]
109 117 reserwe personeel[3]
290 skepe[3]
3 700+ vliegtuie
10 vliegdekskepe
9 amfibiese aanvalskepe
10 amfibiese transportdokke
12 doklandingskepe
22 kruisers
62 torpedojaers
11 fregatte
4 kusverdedigingskepe
72 duikbote
Kommandostruktuur Vlootdepartement
Mars Anchors Aweigh
Kleur Blou en Goud         
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Tweede Opiumoorlog
Amerikaanse Burgeroorlog
Spaans-Amerikaanse Oorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog
Formasieverbyvlug oor die USS Missouri in Tokiobaai tydens die Tweede Wêreldoorlog

Die Amerikaanse Vloot het ook die wêreld se grootste vliegdekvloot, met tien in diens, twee onder konstruksie,[6] agt beplan, en twee in aktiewe reserwe. Die diens het 317 217 personeel op aktiewe diens en 62 500 in die Vlootreserwemag. Dit bedryf 289 skepe op aktiewe diens en het meer as 3 700 vliegtuie.

Die Amerikaanse Vloot het sy oorsprong uit die Kontinentale Vloot, wat tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog gestig is. Dit het 'n belangrike rol gespeel in die Amerikaanse Burgeroorlog om die Konfederasie te blokkeer, asook met die beslaglegging en beheer van sy riviere. Die vloot het 'n sentrale rol gespeel in die nederlaag van Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Die 21ste eeuse Amerikaanse Vloot hou 'n aansienlike internasionale teenwoordigheid, en is ontplooi in gebiede soos Oos-Asië, die Middellandse See, en die Midde Ooste. Dit is 'n blouwatervloot met die vermoë om slaankrag en ondersteuning te bied aan operasies aan al die kusstreke van die wêreld, betrokke te raak in areas tydens vredestyd, en vinnig te reageer op enige plaaslike krisisse. Dít maak van die vloot 'n aktiewe rolspeler in die afdwing van Amerikaanse buitelandse beleid en sy globale verdediging.

Galery

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Navy Birthday Information – 13 October 1775". Naval History & Heritage Command (in Engels). United States Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2015. Besoek op 3 September 2014.
  2. "Precedence of the U.S. Navy and the Marine Corps". Naval History & Heritage Command (in Engels). United States Navy. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2015. Besoek op 3 September 2014.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Status of the Navy". Navy.mil (in Engels). U.S. Navy. 3 September 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020.
  4. Gates, Robert M. (Januarie–Februarie 2009). "A Balanced Strategy: Reprogramming the Pentagon for a New Age". Foreign Affairs. Council on Foreign Relations. {{cite journal}}: Onbekende parameter |subscription= geïgnoreer (hulp)
  5. Gates, Robert M. (17 April 2009). "Speech" (in Engels). Naval War College Newport, Rhode Island. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2015.
  6. Die USS Gerald R. Ford (CVN-78) en die USS John F. Kennedy (CVN-79)

Eksterne skakels

wysig