Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (Engels: Mexican–American War, Spaans: Intervención estadounidense en México) was 'n gewapende stryd tussen die Verenigde State van Amerika en Meksiko, wat op 25 April 1846 met die Meksikaanse aanval op Fort Texas begin en op 2 Februarie 1848 met die anneksasie van Arizona, Kalifornië, Nevada, Utah en dele van Colorado, Nieu-Meksiko en Wyoming deur die VSA geëindig het. Die oorlog is veral deur die VS-President James K. Polk aangedryf, wat die gebied van die VSA ná die weste wou uitbrei. Tydens die oorlog het die VSA die Republiek van Kalifornië geannekseer.
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog | |||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Die Slag van Veracruz. | |||||||||||
| |||||||||||
Strydende partye | |||||||||||
Verenigde State Kalifornië (1846) |
Meksiko | ||||||||||
Bevelvoerders | |||||||||||
James K. Polk Zachary Taylor Winfield Scott Stephen Watts Kearny John D. Sloat William J. Worth Philip Kearny Robert F. Stockton Joseph Lane William Brown Ide |
Antonio López de Santa Anna Mariano Arista Pedro de Ampudia José María Flores Mariano G. Vallejo José Castro Nicolás Bravo José Joaquín de Herrera Andrés Pico | ||||||||||
Sterkte | |||||||||||
1846: 8 613[1] 1848: 32 000 soldate 59 000 milisie[2] |
tussen 34 000 en 60 000 soldate[3] | ||||||||||
Ongevalle | |||||||||||
13 283 soldate | 16 000 soldate |
Een ander rede vir die oorlog was die anneksasie van die Republiek van Texas deur die VSA ná die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1845, wat Meksiko as deel van sy grondgebied beskou het. Met dié anneksasie het die VSA ook die grenskonflik met Meksiko oorneem. Tydens die oorlog kon die VSA belangrike veldslae in die noorde van Meksiko wen, maar die draai het eers die besetting van die hawestad Veracruz en die hoofstad Meksikostad gebring.
Sedert die daaropvolgende verdrag van Guadalupe Hidalgo maak die gebied van die huidige deelstate Arizona, Kalifornië, Nevada, Utah, Colorado, Nieu-Meksiko en Wyoming deel uit van die VSA, vorm die Rio Grande 'n belangrike deel van die grens tussen die VSA en Meksiko en die historiese gebied Kalifornië is geskei in (Opper-)Kalifornië (die VSA-deelstaat Kalifornië) en Neder-Kalifornië (die Meksikaanse deelstaate Baja California en Baja California Sur. Sedertdien grens die VSA in die weste aan die Stille Oseaan.
Verwysings
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meksikaans-Amerikaanse Oorlog.
Bronne
wysig- (en) Crawford, Mark; Jeanne T. Heidler; David Stephen Heidler (eds.) Encyclopedia of the Mexican War, 1999, ISBN 1-57607-059-X
- (en) Frazier, Donald S. ed. The U.S. and Mexico at War, (1998), 584; an encyclopedia with 600 articles by 200 scholars
Geskiedenis van Meksiko | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|