2 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
2 Februarie is die 33ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 332 dae in die res van die jaar (333 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 962 – Pous Johannes XII kroon Otto I die Grote as keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1274 – Cécile, dogter van Gui Faucoi (later Pous Clemens IV) trou met haar neef Pierre Ruffi.
- 1285 – Jakob II, koning van Aragon word teen die wil van Pous Honorius IV onder die naam Jakob I as koning van Sisilië gekroon.
- 1309 – Op aandrang van koning Philip IV van Frankryk hervat Pous Clemens V die proses teen Pous Bonifatius VIII.
- 1361 – Guillaume de Grimoard (later Pous Urbanus V) word ab van die Benediktynerklooster in St. Victor in Marseille.
- 1831 – Pous Gregorius XVI volg Pous Pius VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1837 – Piet Retief se manifes word in die Graham's Town Journal gepubliseer.
- 1848 – Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Guadalupe Hidalgo wat aan die VSA die Meksikaanse Oordrag toeken.
- 1863 – Jan Brand word as President van die Vrystaat verkies.
- 1925 – Mediese voorrade om ’n uitbraak van witseerkeel te bekamp bereik Nome, Alaska op hondesleë wat die jaarlikse Iditarod-resies oor Alaska inspireer.
- 1943 – Die Slag van Stalingrad eindig met 91 000 uitgeputte Duitse soldate wat deur die Rooi Leër gevange geneem word.
- 1990 – President FW de Klerk kondig by die opening van die parlement aan dat die ANC en ander groepe ontban sou word en dat Nelson Mandela vrygelaat sou word. Dit lei tot die einde van Apartheid en die daarstel van volle demokrasie in Suid-Afrika.
- 2016 – Ted Cruz behaal 'n Republikeinse Party Iowa-koukus verkiesingsoorwining met die hulp van 'n VSA verkiesingsdataprogram bekend as Projek Oorlog.
Geboortes
wysig- 1455 – Hans, koning van Denemarke († 1513).
- 1517 – Gotthard von Kettler, laaste Landmeester van die Duitse orde in Lyfland en vanaf 1561 die eerste hertog van Koerland en Semgale († 1587).
- 1649 – Pietro Francesco Orsini (later Pous Benedictus XIII), 245ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1730).
- 1805 – Frans Rens, Vlaamse skrywer († 1874).
- 1818 – Jan Lambrecht Domien Sleeckx, Vlaamse skrywer († 1901).
- 1857 – Johann Rissik, landmeter en die eerste Administrateur van Transvaal († 1925).
- 1882 – James Joyce, Ierse skrywer en digter († 1941).
- 1882 – Friedrich Dollmann, Duitse generaal († 1944).
- 1905 – Ayn Rand, Russies-Amerikaanse skryfster en filosoof († 1982).
- 1924 – Tine Balder, Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika († 2021).
- 1941 – Gerald Morkel, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad († 2018).
- 1942 – Bo Hopkins, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2022).
- 1944 – Andrew Davis, Engelse dirigent († 2024).
- 1947 – Farrah Fawcett, Amerikaanse aktrise († 2009).
- 1950 – Barbara Sukowa, Duitse aktrise.
- 1955 – Kim Zimmer, Amerikaanse aktrise.
- 1970 – Busisiwe Mkhwebane, voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika.
- 1977 – Shakira, Colombiaanse sangeres en aktrise.
- 1981 – Marlene van Staden, Suid-Afrikaanse politikus en die eerste burgemeester van die Modimolle–Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit († 2023).
- 2001 – Connor Gibbs, Amerikaanse akteur.
Sterftes
wysig- 1594 – Giovanni Pierluigi da Palestrina, komponis (* c. 1525).
- 1769 – Pous Clemens XIII, die 248ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1693).
- 1812 – Isaac Titsingh, Nederlandse snydokter en handelsreisiger (* 1745).
- 1875 – Carl Jakob Sundevall, 'n Sweedse dierkundige (* 1801).
- 1907 – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus (* 1834).
- 1970 – Bertrand Russell, Britse wiskundige en filosoof (* 1872).
- 1974 – Imre Lakatos, Hongaarse wiskundige, natuurkundige en wetenskapfilosoof (* 1922).
- 1979 – Sid Vicious, Britse musikant (* 1957).
- 1982 – Stephanus du Toit, predikant en hoogleraar van die Gereformeerde Kerk (* 1905).
- 1987 – Alistair Stuart MacLean, Skotse skrywer van populêre rillers en avontuurverhale (* 1922).
- 1994 – Marija Gimbutas, Litaus-Amerikaanse argeoloog (* 1921).
- 2020 – Kolonel 'Mad Mike' Hoare, geslepe huursoldaatleier (* 1919).
- 2024 – Don Murray, Amerikaanse akteur (* 1929).
Gepubliseer
wysigTeologie
wysig- 1744 – Inter omnigenas – oor die vervolging in Serwië deur die Turke – deur Pous Benedictus XIV.
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
wysig- Marialigmis (Westelike Christendom)
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 February. |