6 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
6 Februarie is die 37ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 328 dae in die res van die jaar (329 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 337 – Pous Julius I volg Pous Markus op.
- 1425 – Pous Martinus V stel Zweder van Culemborg as biskop van Utrecht aan. Zweder word egter die volgende jaar uit die stad verjaag.
- 1460 – Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) word domheer van Sienna.
- 1788 – Massachusetts word die 6de deelstaat van die Verenigde State.
- 1819 – Sir Thomas Stamford Raffles stig Singapoer, ’n nuwe handelspos vir die Britse Oos-Indiese Kompanjie.
- 1820 – Met die ondersteuning van die American Colonization Society stig die eerste Swart Amerikaanse immigrante ’n vestiging in hedendaagse Liberië.
- 1831 – Pous Gregorius XVI word gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani.
- 1922 – Frankryk, Italië, Japan, die Verenigde Koninkryk, en die VSA teken die Washington Vlootooreenkoms om die vlootwapenwedloop in toom te hou.
- 1922 – Pous Pius XI volg Pous Benedictus XV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1952 – Die Hertogin van Edinburgh hoor van haar opvolging tot die Britse troon terwyl sy in die Treetops Hotel in Kenia tuisgaan – sy word daarmee Koningin Elizabeth II.
- 1959 – Jack Kilby dien ’n patentaansoek in vir die eerste geïntegreerde stroombaan.
- 1989 – Die Kanadese minister van binnelandse sake, Joe Clark, gee toe dat sy regering in ’n verleentheid is oor die handelstoename van 66% met Suid-Afrika.
- 2019 – Die Valke het sewe mense gearresteer wat verband hou met die beweerde korrupte toekenning van tenders deur die Departement van Korrektiewe Dienste aan Bosasa. Dit was die eerste arrestasies na getuienis by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Geboortes
wysig- 1636 – Heiman Dullaart, skilder en digter tydens Nederland se Goue Eeu († 1684).
- 1664 – Mustafa II, sultan van die Ottomaanse Ryk († 1703).
- 1665 – Anna, koningin van Engeland, Ierland en Skotland († 1714).
- 1756 – Aaron Burr, Amerikaanse politikus en avonturier († 1836).
- 1895 – Babe Ruth, Amerikaanse bofbalspeler († 1948).
- 1905 – Władysław Gomułka, Poolse politikus († 1982).
- 1911 – Ronald Reagan, Amerikaanse politikus, staatsman en 40ste President van die Verenigde State († 2004).
- 1912 – Eva Braun, vrou van Adolf Hitler († 1945).
- 1917 – Zsa Zsa Gabor, Hongaars-Amerikaanse aktrise († 2016).
- 1922 – Patrick Macnee, Brits-Amerikaanse akteur († 2015).
- 1945 – Bob Marley, Jamaikaanse reggaesanger en musikant († 1981).
- 1950 – Natalie Cole, Amerikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2015).
- 1979 – Bevin Fortuin, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 1980 – Coki Ramírez, Argentynse sangeres, aktrise en model.
- 1984 – André Lötter, Suid-Afrikaanse sepie-akteur.
Sterftes
wysig- 1685 – Karel II van Engeland (* 1630).
- 1695 – Ahmet II, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1643)
- 1740 – Pous Clemens XII, 246ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1652).
- 1783 – Lancelot Brown, bekend as Capability Brown, was 'n Engelse landskapsargitek (* 1716)
- 1793 – Carlo Goldoni, Italiaanse dramaturg (* 1707).
- 1838 – Piet Retief, Voortrekkerleier (* 1780).
- 1933 – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus (* 1883).
- 1952 – George VI van die Verenigde Koninkryk (* 1895).
- 1955 – Boy Morkel, Suid-Afrika se dertiende Springbokkaptein (* 1885).
- 1964 – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne (* 1869).
- 1985 – James Hadley Chase, Engelse skrywer (*1906).
- 2015 – André P. Brink, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1935).
- 2017 – Joost van der Westhuizen, Suid-Afrika se agt-en-veertigste Springbokkaptein (* 1971).
- 2018 – John Anthony West, Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids (* 1932).
- 2020 – Roger Kahn, Amerikaanse skrywer van veral boeke wat handel oor bofbal (* 1927).