1883
jaar
1883 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1878 | 1879 | 1880 | 1881 | 1882 | ◄ 1883 ► | 1884 | 1885 | 1886 | 1887 | 1888 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1883 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Die kwagga | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1883 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 83ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- Die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner word deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is. In die tyd het die plein ook as 'n mark en sportveld gedien.
- Jane Elizabeth Waterston kom in die Kaap aan as Suid-Afrika se eerste vrouedokter.
- 1 Mei – Buffalo Bill se eerste Wild West Show.
- 22 Mei – Afrikanerbond en die Zuidafrikaansche Boeren Beschermings Vereeniging smelt saam onder die naam Afrikanerbond.
- 24 Mei – Die Brooklyn Bridge geopen vir verkeer na 14 jaar van konstruksie.
- 27 Mei – Aleksander III word gekroon as tsaar van Rusland ná die sluipmoord op sy pa, Aleksander II van Rusland.
- 30 Mei – New York Stad: 'n Gerug dat die Brooklyn-brug gaan ineenstort, veroorsaak paniek waardeur twaalf mense sterf.
- 7 Augustus – Die eertydse onafhanklike republiek, Stellaland, verenig met Goosen in die noorde van die Kaapkolonie.
- 12 Augustus – Die laaste kwagga sterf in 'n Amsterdamse dieretuin.
- 26 Augustus – Vulkaniese uitbarsting van Krakatoa in Indonesië veroorsaak 'n rampspoedige tsoenami wat baie nedersettings vernietig en 36 000 lewens in Java en Sumatra eis.
- 29 Augustus – Opening van die Hoërskool Chris van Niekerk in Vredefort, Noord-Vrystaat.
- 30 Desember – Paul Kruger word president van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
Geboortes
wysig- 3 Januarie – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk († 1967)
- 3 Januarie – Austin Roberts, 'n Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog († 1948)
- 10 Januarie – Ds. Dirk du Plessis, predikant in 3 Gereformeerde kerke († 1941)
- 13 Januarie – Prins Arthur van Connaught, Britse politikus en derde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1920–1924) († 1938)
- 5 Februarie – Terence Macleane Salter, Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige († 1969)
- 10 Februarie – Edith Clarke, 'n Amerikaner en die eerste vroulike elektriese ingenieur († 1959)
- 11 Februarie – Grete Berger, Duitse aktrise († 1944)
- 18 Mei – Walter Gropius, argitek van Duitsland († 1969)
- 5 Junie – John Maynard Keynes, Britse ekonoom († 1946)
- 3 Julie – Franz Kafka, een van die grootste fiksieskrywers van die 20ste eeu († 1924)
- 28 Junie – Pierre Laval, voormalige eerste minister van Frankryk († 1945)
- 10 Julie – Harry Allen, Amerikaanse akteur († 1951)
- 29 Julie – Benito Mussolini, Italiaanse diktator († 1945)
- 6 Augustus – Margaret Joslin, Amerikaanse aktrise († 1956)
- 9 Augustus – Charles Wynand Malan, Suid-Afrikaanse politikus († 1933)
- 19 Augustus – Coco Chanel, Franse mode-ontwerper († 1971)
- 19 Augustus – Elsie Ferguson, Amerikaanse aktrise († 1961).
- 6 November – Billy Millar, Suid-Afrika se elfde Springbokkaptein († 1949)
- 11 November – Ernest Ansermet, Switserse dirigent († 1969).
- 15 Desember – Ds. Pieter Willem Bingle, predikant in 2 Gereformeerde kerke, nl. Colesberg en Venterstad. († 1923)
Sterftes
wysig- 13 Februarie – Richard Wagner, Duitse komponis (* 1813).
- 14 Maart – Karl Marx, Duitse filosoof, ekonoom, sosioloog en joernalis (* 1818).
- 30 April – Édouard Manet, Franse impressionistiese skilder (* 1832).
- 15 Junie – Simeon Jacobs, Prokureur-generaal van die Kaapkolonie (* 1830).
- 20 Junie – Johannes Nicolaas de Beer, boer van Kimberley en die diamantmaatskappy De Beers is na hom vernoem (* 1830).
- 20 Junie – John William Colenso, die eerste biskop van die Anglikaanse Kerk in Natal (* 1814).
- 9 Augustus – Robert Moffat, 'n Suid-Afrikaanse sendeling van Skotse herkoms (* 1795).
- 10 September – Hendrik Conscience, Vlaamse skrywer (* 1812)