15 Junie
datum
<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
15 Junie is die 166ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (167ste in skrikkeljare). Daar volg nog 199 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 653 – Theodorus Calliopas arresteer Pous Martinus I.
- 1053 – Pous Leo IX word verslaan en gevange geneem by die Slag van Civitate.
- 1215 – Koning Jan van Engeland bekragtig die Magna Carta, waarvolgens die mag van die koning in die Koninkryk van Engeland formeel beperk word.
- 1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Frascati.
- 1520 – Pous Leo X publiseer die bul Exurge Domine waarin Martin Luther veroordeel word.
- 1524 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word kardinaal-aartsbiskop van Ostia.
- 1573 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word pouslike nuntius in Venesië.
- 1836 – Arkansas word die 25ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1909 – Die Imperiale Krieketkonferensie (nou die Internasionale Krieketraad, IKR) word deur verteenwoordigers uit Australië, Engeland en Suid-Afrika by die Lord’s-krieketveld in Londen gestig.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Duitsers in Duits-Suidwes-Afrika gee oor aan Suid-Afrikaanse magte onder generaal Louis Botha.
- 1954 – Die Unie van Europese Voetbal-assosiasies word in Basel, Switserland, deur 25 lande gestig.
- 1966 – Die wêreld se eerste skeertuigskou word geopen met die nuus dat die Britse departement van verdediging 'n bestelling van sowat £1 miljoen geplaas het.
- 2005 – Sterrekundiges van die Lowell-observatorium ontdek die tweede en derde natuurlike satelliet, Hidra en Nix, van die dwergplaneet Pluto.
Geboortes
wysig- 1842 – Sir John de Villiers, hoofregter van die Kaapkolonie en die eerste hoofregter van die Unie van Suid-Afrika (* 1914).
- 1843 – Edvard Grieg, Noorse komponis († 1907).
- 1884 – Harry Langdon, Amerikaanse akteur († 1944).
- 1896 – Inez Clare Verdoorn, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1989).
- 1897 – Leo Marquard, stigterslid van Suid-Afrika se Liberale Party († 1974).
- 1902 – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingpsigoloog († 1994).
- 1907 – James Robertson Justice, Engelse akteur († 1975).
- 1914 – Joeri Andropof, Sowjetpolitikus († 1984).
- 1917 – Lash LaRue, Amerikaanse akteur († 1996).
- 1937 – Herbert Feuerstein, Duitse akteur en skrywer († 2020).
- 1940 – Zubaida Tharwat, Egiptiese aktrise († 2016).
- 1945 – Zandra Bezuidenhout, Afrikaanse digter.
- 1946 – Demis Roussos, Egipties-Griekse sanger-liedjieskrywer († 2015).
- 1949 – Jim Varney, Amerikaanse akteur en komediant († 2000).
- 1952 – Dirceu José Guimarães, Brasiliaanse sokkerspeler († 1995).
- 1953 – Xi Jinping, president van die Volksrepubliek China, Sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China.
- 1954 – Jim Belushi, Amerikaanse akteur.
- 1955 – Polly Draper, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1955 – Julie Hagerty, Amerikaanse aktrise en model.
- 1958 – Christa Steyn, Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer († 2012).
- 1959 – Eileen Davidson, Amerikaanse model en aktrise.
- 1960 – Michèle Laroque, Franse aktrise en vervaardiger.
- 1963 – Helen Hunt, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1964 – Courteney Cox, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1969 – Ice Cube, Amerikaanse rapper, akteur en vervaardiger.
- 1970 – Leah Remini, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1973 – Neil Patrick Harris, Amerikaanse akteur en sanger.
- 1973 – Pia Miranda, Australiese aktrise.
- 1983 – Julia Fischer, Duitse violis en pianis.
- 1986 – Dann-Jacques Mouton, Afrikaanse sepie-akteur (7de Laan).
Sterftes
wysig- 948 – Romanos I van Bisantium, Bisantynse keiser (* circa 870).
- 1341 – Andronikos III Palaiologos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1297).
- 1383 – Johannes VI Kantakouzenos, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1292).
- 1467 – Filips die Goeie, die hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg (* 1396).
- 1785 – Jean-François Pilâtre de Rozier, Franse chemie en fisika onderwyser en een van die eerste lugvaartpioniers (* 1754).
- 1772 – Louis-Claude Daquin, Franse komponis van Joodse afkoms (* 1694).
- 1849 – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State (* 1795).
- 1883 – Simeon Jacobs, prokureur-generaal van die Kaapkolonie (* 1830).
- 1888 – Friedrich III van Duitsland, koning van Pruise en keiser van Duitsland (* 1831).
- 1961 – André Huguenet, was die verhoognaam van die akteur Gert Borstlap, ’n baanbreker van Afrikaanse toneelspel (* 1906).
- 1993 – James Hunt, Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 (* 1947).
- 1996 – Ella Fitzgerald, Amerikaanse sangeres (* 1917).
- 1998 – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter (* 1918).
- 2000 – Gawie Cillié, Suid-Afrikaanse komponis (* 1916).
- 2011 – Zack du Plessis, Afrikaanse akteur (* 1949).
- 2012 – Mof Myburgh, Springbokrugbyspeler (* 1936).
- 2019 – Franco Zeffirelli, Italiaanse regisseur (* 1923).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Feesdag van Hieronimus van Stridon in die Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 15 June. |